Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/03 bl. 3
  • ’n Studie van die Aanbid God-boek

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Studie van die Aanbid God-boek
  • Ons Koninkryksbediening—2003
  • Soortgelyke materiaal
  • Vind baat by ’n studie van Kom nader aan Jehovah
    Ons Koninkryksbediening—2004
  • Gebruik die Aanbid God-boek om Bybelstudies te hou
    Ons Koninkryksbediening—2003
  • Geniet ons studie van Wat leer die Bybel werklik?
    Ons Koninkryksbediening—2006
  • Die Gemeentelike Boekstudie—Waarom ons dit nodig het
    Ons Koninkryksbediening—2004
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2003
km 9/03 bl. 3

’n Studie van die Aanbid God-boek

Aanbid die enigste ware God is ’n boek wat met nuwelinge gestudeer kan word nadat hulle hulle studie in die Kennis-boek voltooi het. Ons bespreking van hierdie publikasie by die Gemeentelike Boekstudie sal ons toerus om hierdie hulpmiddel in die bediening te gebruik en ons liefde en waardering vir Jehovah en sy organisasie vergroot. Hoe kan ons ten volle baat vind by ons studie van die Aanbid God-boek?

Hoe om die studie te hou: Aangesien ons elke week ’n hele hoofstuk sal dek, moet boekstudieopsieners die tyd goed indeel. Hulle moet die inleidende paragrawe van die studie redelik vinnig dek sodat daar meer tyd sal wees vir die gewigtiger materiaal, wat gewoonlik later in die hoofstuk verskyn. ’n Kort bespreking van die hersieningsvenster aan die einde van elke studie sal diegene wat teenwoordig is, help om die hoofpunte te onthou.

Vrae vir bepeinsing en bespreking verskyn in omtrent die helfte van die hoofstukke van die Aanbid God-boek. ’n Voorbeeld hiervan kan gevind word op bladsye 48-9. Dit is nie nodig om hierdie vrae saam met die paragrawe te lees nie. Wanneer dit met die groep bespreek word, moet die opsiener die teksverwysings laat lees en bespreek na gelang van die tyd.

Voorbereiding: Goeie voorbereiding vir die studie behels meer as om net die antwoorde te onderstreep. As ons biddend peins oor die teksverwysings, sal ons nie net ons kommentare nie, maar, nog belangriker, ons harte kan voorberei (Esra 7:10). Ons almal kan bydra tot die wedersydse aanmoediging deur ons beskeie kommentare te lewer.—Rom. 1:11, 12.

Ons studie van die Aanbid God-boek sal ons help om nader aan Jehovah te kom en sal ons toerus om opregtes van hart te help om hom saam met ons te aanbid (Ps. 95:6; Jak. 4:8). Mag ons almal ten volle baat vind by hierdie uitstekende geestelike voorsiening.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel