Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/05 bl. 8
  • Deel 8: Hou progressiewe Bybelstudies

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Deel 8: Hou progressiewe Bybelstudies
  • Ons Koninkryksbediening—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Rig studente na die organisasie agter ons naam
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Rig Bybelstudente na Jehovah se organisasie
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • “Laat ons na die huis van Jehovah gaan!’
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Help ander om vergaderinge by te woon
    Ons Koninkryksbediening—2001
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2005
km 4/05 bl. 8

Deel 8: Hou progressiewe Bybelstudies

Rig studente na die organisasie

1. Waarom is dit voordelig om elke week tydens ’n Bybelstudie ’n gedagte oor Jehovah se organisasie te bespreek?

1 Wanneer ons Bybelstudies hou, is ons doel nie net om studente leerstellige inligting te leer nie, maar ook om hulle te help om ’n deel van die Christengemeente te word (Sag. 8:23). Die brosjure Jehovah se Getuies—Wie is hulle? Wat glo hulle? kan ons help om dit te doen. Laat ’n eksemplaar by nuwe Bybelstudente, en moedig hulle aan om dit te lees. Sit ook elke week tydens die studie ’n paar minute opsy om ’n gedagte oor Jehovah se organisasie te bespreek.

2. Hoe kan jy Bybelstudente aanspoor om gemeentelike vergaderinge by te woon?

2 Gemeentelike vergaderinge: Die vernaamste manier waarop Bybelstudente waardering vir God se organisasie opbou, is deur by gemeentelike vergaderinge met ons om te gaan (1 Kor. 14:24, 25). Jy kan hulle dus help om met die vergaderinge vertroud te raak deur elke keer een van die vyf weeklikse vergaderinge te beskryf. Meld die tema van die volgende openbare toespraak. Wys vir hulle die inligting wat by die Wagtoring-studie en by die Gemeentelike Boekstudie bespreek sal word. Beskryf die Teokratiese Bedieningskool en die Diensvergadering. Wanneer jy ’n toewysing op die skool het, kan jy dit saam met hulle deurgaan. Vertel hulle van interessante gedagtes wat by die vergaderinge gemeld is. Gebruik foto’s in ons publikasies om hulle te help om hulle voor te stel wat daar gebeur. Nooi hulle van die heel eerste studie af om die vergaderinge by te woon.

3. Watter aspekte van die organisasie kan ons bespreek?

3 Wanneer die tyd vir die Gedenkmaal, byeenkomste en die kringbesoek nader kom, kan jy ’n paar minute opsysit om hierdie reëlings te verduidelik en geesdrif daarvoor te wek. Beantwoord stelselmatig vrae soos: Waarom word ons Jehovah se Getuies genoem? Waarom noem ons ons vergaderplekke Koninkryksale? Wat is die pligte van die ouer manne en bedieningsknegte? Hoe word die predikingswerk en die gebied georganiseer? Hoe word ons lektuur vervaardig? Hoe word die organisasie gefinansier? Hoe is die takkantoor en die Bestuursliggaam betrokke by die toesig oor die werk?

4, 5. Hoe kan ons video’s waardering vir die organisasie opbou?

4 Leersame video’s: Nog ’n manier waarop Bybelstudente Jehovah se wonderlike organisasie kan sien, is deur middel van ons video’s. Gebruik video’s soos To the Ends of the Earth, Our Whole Association of Brothers en United by Divine Teaching. ’n Vrou wat reeds vyf jaar lank ons tydskrifte en ander lektuur ontvang het, is tot trane beweeg toe sy die video Jehovah’s Witnesses—The Organization Behind the Name gesien het. Sy het reeds die Getuies begin vertrou wat haar besoek het, maar nadat sy na die video gekyk het, het sy gevoel dat sy die organisasie ook kan vertrou. ’n Formele studie is met haar begin, en die volgende week het sy die vergaderinge by die Koninkryksaal bygewoon.

5 Deur elke week ’n paar minute tydens die studie opsy te sit en die beskikbare hulpmiddels te gebruik, kan ons Bybelstudente stelselmatig rig na die een organisasie wat Jehovah vandag gebruik.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel