Jehovah’s Witnesses—Faith in Action, Part 2: Let the Light Shine
Nadat broer Rutherford en sy metgeselle in 1919 uit die gevangenis vrygelaat is, het ’n ontsaglike werk vir die Bybelstudente voorgelê. Soos uitgebeeld word in die video Jehovah’s Witnesses—Faith in Action, Part 2: Let the Light Shine, het die Bybelstudente baie teenstanders gehad, het hulle begrip van die Skrif voortdurend toegeneem en is hulle geloof verfyn (Spr. 4:18; Mal. 3:1-3; Joh. 15:20). Kan jy die volgende vrae beantwoord nadat jy na die video gekyk het?
(1) Watter metodes het die Bybelstudente gebruik om die goeie nuus te versprei? (2) Wat het by die onvergeetlike streekbyeenkomste in 1931 en 1935 gebeur? (3) Watter belangrike inligting is in The Watchtower van 1 November 1939 bespreek? (4) Beskryf wat by Madison Square Garden gebeur het gedurende broer Rutherford se toespraak “Regering en vrede”. (5) Wat was merkwaardig omtrent broer Knorr se toespraak “Vrede—kan dit duur?” (6) Watter stappe het Jehovah se Getuies in 1942 gedoen om hulle predikingswerk uit te brei? (7) Verduidelik ’n paar van die regstryde wat in die Verenigde State, Kanada en Griekeland gevoer is. (8) Watter uitwerking het Gilead op die vooruitgang van die predikingswerk gehad? (9) Watter belangrike werk het in 1946 begin, en waarom? (10) Watter stappe het Jehovah se Getuies gedoen om te verseker dat hulle gedrag in ooreenstemming met Bybelstandaarde is? (11) Verduidelik ’n paar van die aanpassings wat in die 1970’s gemaak is om die organisasie meer in ooreenstemming te bring met die voorbeeld wat ons in die Bybel vind. (12) Hoe het hierdie video jou gehelp om te besef dat Jehovah volkome in beheer is en dat hierdie organisasie sy organisasie is? (13) Hoe het hierdie video jou meer vasbeslote gemaak om ywerig aan te hou preek ondanks struikelblokke? (14) Hoe kan ons hierdie video gebruik om ons familielede, Bybelstudente en ander te help?
Elke dag word nog ’n hoofstuk by die geskiedenis van Jehovah se Getuies bygevoeg. Wat sal die verslag sê omtrent ons pogings in die bediening? Mag ons, soos ons broers van die verlede, ywerig voortgaan om die ‘lig te laat skyn’!—2 Kor. 4:6.