Verbeter jou vaardighede in die bediening—Gebruik die brosjure Goeie nuus wat van God kom! om ’n Bybelstudie by die deur te begin
Waarom dit belangrik is: Om dissipels te maak, moet ons onderrigters van God se Woord wees (Matt. 28:19, 20). Ons almal kan doeltreffende onderrigters van die waarheid wees as ons die hulpmiddele gebruik wat aan ons voorsien is. Die brosjure Goeie nuus wat van God kom! is spesiaal saamgestel om ons te help om die waarheid aan ander te leer. Trouens, ons kan dit gebruik om ’n Bybelstudie by die deur te begin wanneer ons iemand vir die eerste keer besoek.
Probeer die volgende gedurende die maand:
Bid vir die begeerte om ’n studie te hou. Smeek Jehovah ook vir sy hulp om ’n Bybelstudie te begin en om ’n doeltreffende onderrigter van die waarheid te word.—Fil. 2:13.
Gebruik tyd gedurende gesinsaanbidding of wanneer jy persoonlike studie doen om die aanbieding jou eie te maak. Dit sal jou help om met oortuiging te praat en ’n Bybelstudie by die deur te begin.