Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek
7-13 DESEMBER
SKATTE UIT GOD SE WOORD | LEVITIKUS 10-11
“Ons moet liewer wees vir Jehovah as vir ons familie”
(Levitikus 10:1, 2) Later het Aäron se seuns Nadab en Abiʹhu elkeen sy vuurbak geneem en vuur daarin gesit en reukwerk daarop geplaas. Toe het hulle onwettige vuur voor Jehovah begin offer, wat hy hulle nie beveel het om te doen nie. 2 Hierop het ’n vuur van Jehovah af gekom en hulle verteer, en hulle het voor Jehovah gesterf.
it-1-E 1174
Illegitimate
Illegitimate Fire and Incense. At Leviticus 10:1 the Hebrew word zar (feminine, za·rahʹ; literally, strange) is used with regard to “illegitimate fire, which [God] had not prescribed for them” but which Aaron’s sons Nadab and Abihu presented before Jehovah and for which he executed them by fire. (Le 10:2; Nu 3:4; 26:61) Subsequently, Jehovah said to Aaron: “Do not drink wine or intoxicating liquor, you and your sons with you, when you come into the tent of meeting, that you may not die. It is a statute to time indefinite for your generations, both in order to make a distinction between the holy thing and the profane and between the unclean thing and the clean, and in order to teach the sons of Israel all the regulations that Jehovah has spoken to them by means of Moses.” (Le 10:8-11) This seems to indicate that Nadab and Abihu were in a state of intoxication, which condition emboldened them to offer fire not prescribed. Such fire was likely illegal as to its time, place, or manner of offering, or it could have been incense other than of the composition described at Exodus 30:34, 35. Their inebriated condition did not excuse their sin.
(Levitikus 10:4, 5) Toe het Moses Miʹsael en Elʹsafan, die seuns van Usʹsiël, Aäron se oom, geroep en vir hulle gesê: “Kom hier, dra julle broers weg voor die heiligdom na ’n plek buite die kamp.” 5 Hulle het toe nader gekom en die manne in hulle priesterlike klere na ’n plek buite die kamp weggedra, net soos Moses vir hulle gesê het.
(Levitikus 10:6, 7) Daarna het Moses vir Aäron en vir sy ander seuns, Eleaʹsar en Iʹtamar, gesê: “Julle mag nie julle kop onversorg laat nie of julle klere skeur nie, sodat julle nie sterf nie en sodat God nie vir die hele gemeenskap van Israel kwaad word nie. Julle broers van die hele huis van Israel sal huil oor dié wat Jehovah met die vuur doodgemaak het. 7 Julle mag nie by die ingang van die tent van samekoms uitgaan nie, anders sal julle sterf, want Jehovah se salfolie is op julle.” Hulle het toe gedoen wat Moses gesê het.
God se rus—Het jy daar ingegaan?
Moses se broer, Aäron, het hom in ’n moeilike situasie met betrekking tot twee van sy seuns bevind. Dink aan hoe hy moes gevoel het toe sy seuns Nadab en Abihu onwettige vuur voor Jehovah geoffer het en Hy hulle om die lewe gebring het. Dít het natuurlik enige assosiasie beëindig wat hierdie mans met hulle ouers kon gehad het. Maar meer was daarby betrokke. Jehovah het Aäron en sy getroue seuns beveel: “Julle mag julle kop nie onversorg laat en julle klere nie [in rou] skeur nie, sodat julle nie sterf nie en sodat [Jehovah] nie verontwaardig raak teenoor die hele vergadering nie” (Lev. 10:1-6). Die boodskap is duidelik. Ons liefde vir Jehovah moet sterker wees as ons liefde vir ontroue gesinslede.
Soek na geestelike skatte
(Levitikus 10:8-11) Toe het Jehovah vir Aäron gesê: 9 “Jy en jou seuns moenie wyn of ander alkohol drink wanneer julle in die tent van samekoms ingaan nie, sodat julle nie sterf nie. Dit is ’n permanente wetsbepaling vir julle en julle nageslag. 10 Dit is om ’n onderskeid te maak tussen wat heilig en wat onheilig is en tussen wat rein en wat onrein is, 11 en om die Israeliete al die wetsvoorskrifte te leer wat Jehovah deur middel van Moses aan hulle bekend gemaak het.”
Ons moet in ons hele gedrag heilig wees
Om heilig te wees, moet ons die Skrif noukeurig ondersoek en doen wat God van ons vra. Dink aan Aäron se seuns Nadab en Abihu, wat tereggestel is omdat hulle “onwettige vuur” geoffer het toe hulle moontlik onder die invloed van drank was (Lev. 10:1, 2). Let op wat God toe vir Aäron gesê het. (Lees Levitikus 10:8-11.) Gee hierdie Skrifgedeelte te kenne dat ons geen alkohol voor ’n Christelike vergadering mag drink nie? Dink aan die volgende: Ons is nie onder die Wet nie (Rom. 10:4). In party lande gebruik ons broers alkohol in matigheid gedurende maaltye voordat hulle vergaderinge bywoon. Vier bekers wyn is gedurende die Pasga gebruik. Toe Jesus die Gedenkmaal ingestel het, het hy sy apostels wyn laat drink, wat sy bloed voorgestel het (Matt. 26:27). Die Bybel veroordeel strawwe drinkery en dronkenskap (1 Kor. 6:10; 1 Tim. 3:8). En baie Christene se gewete sal hulle nie toelaat om alkohol te drink voordat hulle aan enige vorm van heilige diens deelneem nie. Maar omstandighede verskil van land tot land. Wat dus belangrik is, is dat Christene “’n onderskeid [moet] maak tussen wat heilig en wat onheilig is” sodat hulle heilige gedrag God kan bly maak.
(Levitikus 11:8) Julle mag nie van hulle vleis eet of aan hulle dooie liggaam raak nie. Hulle is vir julle onrein.
it-1-E 111 ¶5
Animals
These dietary limitations applied only to those who were under the Mosaic Law, for the statement of Leviticus 11:8 is: “They are unclean for you,” that is, for the Israelites. With the abrogation of the Law on the basis of the sacrificial death of Christ Jesus, the prohibitions were canceled, and once more all humans could consider themselves under the same broad provision announced to Noah following the Deluge.—Col 2:13-17; Ge 9:3, 4.
Bybelleesgedeelte
(Levitikus 10:1-15) Later het Aäron se seuns Nadab en Abiʹhu elkeen sy vuurbak geneem en vuur daarin gesit en reukwerk daarop geplaas. Toe het hulle onwettige vuur voor Jehovah begin offer, wat hy hulle nie beveel het om te doen nie. 2 Hierop het ’n vuur van Jehovah af gekom en hulle verteer, en hulle het voor Jehovah gesterf. 3 Toe het Moses vir Aäron gesê: “Dít is wat Jehovah gesê het: ‘Ek sal geheilig word onder dié wat naby my is, en ek sal verheerlik word voor die hele volk.’” En Aäron het stilgebly. 4 Toe het Moses Miʹsael en Elʹsafan, die seuns van Usʹsiël, Aäron se oom, geroep en vir hulle gesê: “Kom hier, dra julle broers weg voor die heiligdom na ’n plek buite die kamp.” 5 Hulle het toe nader gekom en die manne in hulle priesterlike klere na ’n plek buite die kamp weggedra, net soos Moses vir hulle gesê het. 6 Daarna het Moses vir Aäron en vir sy ander seuns, Eleaʹsar en Iʹtamar, gesê: “Julle mag nie julle kop onversorg laat nie of julle klere skeur nie, sodat julle nie sterf nie en sodat God nie vir die hele gemeenskap van Israel kwaad word nie. Julle broers van die hele huis van Israel sal huil oor dié wat Jehovah met die vuur doodgemaak het. 7 Julle mag nie by die ingang van die tent van samekoms uitgaan nie, anders sal julle sterf, want Jehovah se salfolie is op julle.” Hulle het toe gedoen wat Moses gesê het. 8 Toe het Jehovah vir Aäron gesê: 9 “Jy en jou seuns moenie wyn of ander alkohol drink wanneer julle in die tent van samekoms ingaan nie, sodat julle nie sterf nie. Dit is ’n permanente wetsbepaling vir julle en julle nageslag. 10 Dit is om ’n onderskeid te maak tussen wat heilig en wat onheilig is en tussen wat rein en wat onrein is, 11 en om die Israeliete al die wetsvoorskrifte te leer wat Jehovah deur middel van Moses aan hulle bekend gemaak het.” 12 Toe het Moses met Aäron gepraat en met Eleaʹsar en Iʹtamar, sy seuns wat oorgebly het: “Neem wat van die graanoffer van Jehovah se vuuroffers oorgebly het en eet dit as ongesuurde brood naby die altaar, want dit is iets besonder heiligs. 13 Julle moet dit op ’n heilige plek eet, want dit is ’n voorsiening vir jou en vir jou seuns uit Jehovah se vuuroffers, want dit is wat ek beveel is. 14 Julle moet ook die bors van die beweegoffer en die boud van die heilige deel op ’n rein plek eet, jy en jou seuns en jou dogters saam met jou, want hierdie dinge is gegee as ’n voorsiening vir jou en vir jou seuns uit die vrede-offers van die Israeliete. 15 Hulle moet die boud van die heilige deel en die bors van die beweegoffer saam met die vuuroffers van vet bring om die beweegoffer heen en weer voor Jehovah te beweeg. En dit sal ’n permanente voorsiening vir jou en jou seuns wees, net soos Jehovah beveel het.”
14-20 DESEMBER
SKATTE UIT GOD SE WOORD | LEVITIKUS 12-13
“Wat ons kan leer uit die wette oor melaatsheid”
(Levitikus 13:4, 5) Maar as die vlek op sy vel wit is en dit nie lyk asof dit dieper as die vel is nie en die hare nie wit geword het nie, moet die priester die persoon met die infeksie vir sewe dae onder kwarantyn plaas. 5 Die priester moet hom dan op die sewende dag ondersoek, en as dit lyk asof die infeksie nie vererger en op die vel versprei het nie, moet die priester hom nog sewe dae onder kwarantyn plaas.
Outyds of voor sy tyd?
• Hou siek mense eenkant.
Die Mosaïese Wet het beveel dat mense met melaatsheid weg van ander mense gehou moet word. Mediese dokters het eers teen die Middeleeue, toe daar epidemies uitgebreek het, die voordeel van hierdie goeie raad besef. Dit word vandag nog steeds gebruik. — Levitikus hoofstuk 13 en 14.
(Levitikus 13:45, 46) Wat die melaatse betref wat die siekte het, sy klere moet geskeur wees en sy kop moet onversorg gelaat word en hy moet sy snor bedek en uitroep: ‘Onrein, onrein!’ 46 Hy sal onrein wees solank hy die siekte het. Omdat hy onrein is, moet hy in afsondering woon. Sy woonplek moet buite die kamp wees.
Het jy geweet?
Die eertydse Jode het ’n vrees gehad vir die melaatsheid wat in Bybeltye algemeen was. Hierdie gevreesde siekte kon die slagoffer se senuwee-eindpunte aantas en permanente skade en verminking tot gevolg hê. Destyds was daar geen geneesmiddel vir melaatsheid nie. Daarom is slagoffers onder kwarantyn geplaas en moes hulle ander waarsku dat hulle melaats is.—Levitikus 13:45, 46.
(Levitikus 13:52) Hy moet die kledingstuk of die lengtedrade of die dwarsdrade (of dit nou wol of linne is) of enige voorwerp van vel waarin die siekte ontstaan het, verbrand, want dit is kwaadaardige melaatsheid. Dit moet met vuur verbrand word.
(Levitikus 13:57) As dit egter nog steeds sigbaar is in ’n ander deel van die kledingstuk of in die lengtedrade of in die dwarsdrade of in enige voorwerp van vel, is dit besig om te versprei, en jy moet enige besmette voorwerp met vuur verbrand.
it-2-E 238 ¶3
Leprosy
In garments and houses. Leprosy could also affect woolen or linen garments, or an article of skin. The plague might disappear with washing, and there were arrangements for quarantining the article. But where this yellowish-green or reddish plague persisted, malignant leprosy was present and the article was to be burned. (Le 13:47-59) If yellowish-green or reddish depressions appeared in the wall of a house, the priest imposed a quarantine. It might be necessary to tear out affected stones and have the house scraped off inside, the stones and scraped-off mortar being disposed of in an unclean place outside the city. If the plague returned, the house was declared unclean and was pulled down, and the materials were disposed of in an unclean place. But for the house pronounced clean there was an arrangement for purification. (Le 14:33-57) It has been suggested that the leprosy affecting garments or houses was a type of mildew or mold; however, about this there is uncertainty.
Soek na geestelike skatte
(Levitikus 12:2) “Sê vir die Israeliete: ‘As ’n vrou swanger word en aan ’n seun geboorte gee, sal sy sewe dae onrein wees, net soos in die dae van die onreinheid wanneer sy menstrueer.
(Levitikus 12:5) “‘As sy aan ’n dogter geboorte gee, sal sy 14 dae onrein wees, net soos gedurende haar menstruasie. Sy moet vir die volgende 66 dae aanhou om haar van die bloed te reinig.
Glanspunte uit die boek Levitikus
12:2, 5—Waarom was ’n vrou “onrein” nadat sy geboorte gegee het? Die voorplantingsorgane moes volmaakte menselewe oordra. Maar weens die oorgeërfde gevolge van sonde is onvolmaakte en sondige lewe aan die nageslag oorgedra. Die tydelike tydperke van ‘onreinheid’ wat gepaardgegaan het met kindergeboorte, asook met ander dinge, soos menstruasie en saadstorting, het die Israeliete herinner aan hierdie oorgeërfde sondigheid (Levitikus 15:16-24; Psalm 51:5; Romeine 5:12). Die reinigingsvoorskrifte sou die Israeliete help besef dat ’n losprysoffer nodig was om die mensdom se sonde te bedek en menslike volmaaktheid te herstel. So het die Wet dan hulle “tugmeester geword wat na Christus gelei het”.—Galasiërs 3:24.
(Levitikus 12:3) Op die agtste dag moet hy besny word.
Outyds of voor sy tyd?
• Die regte tyd vir besnyding.
God se Wet het vereis dat babaseuntjies besny moes word wanneer hulle agt dae oud is (Levitikus 12:3). Dit wil voorkom asof dit ’n week neem voordat pasgebore babas se bloed die vermoë het om behoorlik te stol. In Bybeltye, voordat moderne mediese behandeling beskikbaar was, was dit verstandig om meer as ’n week te wag voordat ’n kind besny word.
Bybelleesgedeelte
(Levitikus 13:9-28) “As iemand melaatsheid kry, moet hy na die priester toe gebring word, 10 en die priester moet hom ondersoek. As daar ’n wit swelsel op die vel is en dit die hare wit laat word het en daar ’n oop seer in die swelsel is, 11 is dit chroniese melaatsheid op sy vel, en die priester moet hom onrein verklaar. Hy moet hom nie onder kwarantyn plaas nie, want hy is onrein. 12 En as die melaatsheid oor die hele vel uitbreek en die melaatsheid die persoon van kop tot toon bedek, so ver as wat die priester kan sien, 13 en die priester hom ondersoek het en sien dat die melaatsheid sy hele vel bedek het, dan moet hy die persoon met die infeksie rein verklaar. Die hele vel het wit geword, en hy is rein. 14 Maar as ’n oop seer op sy vel verskyn, sal hy onrein wees. 15 Wanneer die priester die oop seer sien, moet hy hom onrein verklaar. Die oop seer is onrein. Dit is melaatsheid. 16 Maar as die oop seer weer wit word, moet hy na die priester toe kom. 17 Die priester moet hom ondersoek, en as die infeksie wit geword het, moet die priester die persoon met die infeksie rein verklaar. Hy is rein. 18 “As iemand ’n sweer op sy vel kry en dit gesond word, 19maar daar in die plek van die sweer ’n wit swelsel of ’n rooierige wit vlek ontstaan het, dan moet hy hom vir die priester wys. 20 Die priester moet dit ondersoek, en as dit lyk asof dit dieper as die vel is en die hare daarvan wit geword het, dan moet die priester hom onrein verklaar. Dit is melaatsheid wat in die sweer uitgebreek het. 21 Maar as die priester dit ondersoek en sien dat daar geen wit hare daarop is en dat dit nie dieper as die vel is nie en dat dit dof lyk, dan moet die priester hom vir sewe dae onder kwarantyn plaas. 22 En as dit duidelik is dat dit oor die vel versprei het, moet die priester hom onrein verklaar. Dit is ’n siekte. 23 Maar as die vlek op een plek bly en nie versprei het nie, is dit net die ontsteking van die sweer, en die priester moet hom rein verklaar. 24 “Of as iemand ’n brandwond as gevolg van vuur het en die rou vlees van die wond ’n rooierige wit of ’n wit vlek word, 25 moet die priester dit ondersoek. As die hare op die vlek wit geword het en dit lyk asof dit dieper as die vel is, is dit melaatsheid wat in die wond uitgebreek het, en die priester moet hom onrein verklaar. Dit is melaatsheid. 26 Maar as die priester dit ondersoek en sien dat daar geen wit hare op die vlek is nie en dit nie dieper as die vel is nie en dat dit dof is, dan moet die priester hom vir sewe dae onder kwarantyn plaas. 27 Die priester moet hom op die sewende dag ondersoek, en as dit duidelik is dat dit op die vel versprei het, dan moet die priester hom onrein verklaar. Dit is melaatsheid. 28 Maar as die vlek op een plek bly en nie op die vel versprei het nie en dit dof is, is dit net ’n swelsel van die wond, en die priester moet hom rein verklaar, want dit is ’n ontsteking van die wond.
21-27 DESEMBER
SKATTE UIT GOD SE WOORD | LEVITIKUS 14-15
“Rein aanbidding vereis dat ons rein moet wees”
(Levitikus 15:13-15) “‘Wanneer die afskeiding ophou en die persoon rein word, moet hy sewe dae vir sy reiniging tel, en hy moet sy klere was en in vars water bad, en hy sal rein wees. 14 Op die agtste dag moet hy twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem en voor Jehovah kom by die ingang van die tent van samekoms en hulle vir die priester gee. 15 En die priester moet hulle offer, die een as ’n sonde-offer en die ander as ’n brandoffer, en die priester moet vir hom versoening doen voor Jehovah as gevolg van sy afskeiding.
it-1-E 263
Bathing
Ceremonial bathing on the part of the Israelites in general was required for various reasons. Anyone who recovered from leprosy, anyone who contacted things touched by those with “a running discharge,” a man who had an emission of semen, a woman after menstruation or hemorrhaging, or anyone having sexual intercourse was “unclean” and had to bathe. (Le 14:8, 9; 15:4-27) One in a tent with, or touching, a human corpse was “unclean” and had to be purified with cleansing water. If anyone refused to comply with this regulation, he “must be cut off from the midst of the congregation, because it is Jehovah’s sanctuary that he has defiled.” (Nu 19:20) Appropriately, then, washing is used figuratively to denote a clean standing before Jehovah. (Ps 26:6; 73:13; Isa 1:16; Eze 16:9) Bathing with Jehovah’s word of truth, symbolized by water, has power to cleanse.—Eph 5:26.
(Levitikus 15:28-30) “‘Maar wanneer haar afskeiding opgehou het, moet sy vir haar sewe dae tel, en daarna sal sy rein wees. 29 Op die agtste dag moet sy twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem, en sy moet hulle na die priester toe bring by die ingang van die tent van samekoms. 30 Die priester moet die een ’n sonde-offer en die ander ’n brandoffer maak, en die priester moet vir haar versoening doen voor Jehovah as gevolg van haar onrein afskeiding.
it-2-E 372 ¶2
Menstruation
The woman was also viewed as unclean for the duration of an irregular running discharge of blood or “a flow longer than her menstrual impurity,” at which time she made the articles on which she lay or sat as well as persons touching these items unclean. After the abnormal discharge ceased, she was to count seven days, and she then became clean. On the eighth day the woman brought two turtledoves or two young pigeons to the priest, who made atonement for her, presenting one of these creatures to Jehovah as a sin offering and the other as a burnt offering.—Le 15:19-30; see CLEAN, CLEANNESS.
(Levitikus 15:31) “‘So moet julle die Israeliete afgesonderd hou van hulle onreinheid sodat hulle nie in hulle onreinheid sterf omdat hulle my tabernakel, wat by hulle is, onrein gemaak het nie.
it-1-E 1133
Holy Place
2. The tent of meeting and, later, the temple. The entire arrangement, including the courtyard of the tabernacle and the temple courts, was a holy place. (Ex 38:24; 2Ch 29:5; Ac 21:28) The primary items located in the courtyard were the altar of sacrifice and the copper basin. These were holy objects. Only those persons ceremonially clean could enter into the tabernacle courtyard at any time; likewise, no one could go into the temple courts in an unclean state. For example, a woman in the unclean state could not touch any holy thing or come into the holy place. (Le 12:2-4) Evidently even a state of continued uncleanness on the part of the Israelites was considered to be a defiling of the tabernacle. (Le 15:31) Those presenting offerings for cleansing from leprosy brought their sacrifice only as far as the gate of the courtyard. (Le 14:11) No unclean person could partake of a communion sacrifice at the tabernacle or the temple, on pain of death.—Le 7:20, 21.
Soek na geestelike skatte
(Levitikus 14:14) “Dan moet die priester van die bloed van die skuldoffer neem, en die priester moet dit smeer aan die onderste deel van die regteroor van die persoon wat homself reinig en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet.
(Levitikus 14:17) Dan moet die priester van die olie wat in sy palm oor is, aan die onderste deel van die regteroor smeer van die persoon wat homself reinig, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet, bo-oor die bloed van die skuldoffer.
(Levitikus 14:25) Hy moet dan die jong ram vir die skuldoffer slag, en die priester moet van die bloed van die skuldoffer neem en dit smeer aan die onderste deel van die regteroor van die persoon wat homself reinig en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet.
(Levitikus 14:28) En die priester moet van die olie in sy palm aan die onderste deel van die regteroor smeer van die persoon wat homself reinig, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet, op dieselfde plekke waar hy die bloed van die skuldoffer gesmeer het.
it-1-E 665 ¶5
Ear
At the installation of the priesthood in Israel, Moses was commanded to take some of the blood of the ram of the installation and put it on the lobe of the right ear of Aaron and of each of his sons, as well as on the right hand and right foot, indicating that what they listened to, the work they did, and the way they walked should be directly affected by what was there taking place. (Le 8:22-24) Similarly, in the case of the cleansed leper, the Law said that the priest was to put some of the blood of the ram offered as a guilt offering, as well as some of the oil offered, on the lobe of the leper’s right ear. (Le 14:14, 17, 25, 28) An arrangement of comparable nature was found in the provision made for the man who wished to continue in slavery to his master to time indefinite. In such case the slave was to be brought to the doorpost, and his master was to pierce his ear through with an awl. This prominent mark, being made on the organ for hearing, evidently represented the slave’s desire to continue in obedient attention to his master.—Ex 21:5, 6.
(Levitikus 14:43-45) “Maar as die besmetting terugkom en in die huis uitbreek nadat die stene verwyder is en die huis afgeskraap en weer gepleister is, 44 dan moet die priester ingaan en dit ondersoek. As die besmetting in die huis versprei het, is dit kwaadaardige melaatsheid in die huis. Die huis is onrein. 45 Hy moet dan die huis laat afbreek – die stene, die balke en al die pleister en messelklei van die huis – en dit buite die stad na ’n onrein plek laat uitdra.
g 1/06 14, venster
Skimmel—Vriend en vyand!
SKIMMEL IN BYBELTYE?
Die Bybel praat van “die plaag van melaatsheid in ’n huis”, met verwysing na die gebou self (Levitikus 14:34-48). Hierdie verskynsel, wat ook “kwaadaardige melaatsheid” genoem is, was na bewering ’n soort muf of skimmel, maar daar bestaan geen sekerheid hieroor nie. Hoe dit ook al sy, God se Wet het huiseienaars beveel om besmette klippe te verwyder, die hele binnekant van die huis af te krap en al die materiaal wat moontlik besmet is, buite die stad in “’n onrein plek” te gooi. As die plaag teruggekeer het, moes die hele huis onrein verklaar, afgebreek en heeltemal verwyder word. Jehovah se breedvoerige riglyne het sy innige liefde vir sy volk en besorgdheid oor hulle fisiese welsyn weerspieël.
Bybelleesgedeelte
(Levitikus 14:1-18) Jehovah het verder vir Moses gesê: 2 “Dít sal die wet van die melaatse wees op die dag dat hy rein verklaar word, wanneer hy na die priester toe gebring moet word. 3 Die priester moet buite die kamp gaan en hom ondersoek. As die melaatse van die melaatsheid genees is, 4 moet die priester hom beveel om twee lewende rein voëls, sederhout, helderrooi materiaal en hisop vir sy reiniging te bring. 5 Die priester moet beveel dat die een voël in ’n kleihouer oor vars water doodgemaak moet word. 6 Maar hy moet die lewende voël sowel as die sederhout, die helderrooi materiaal en die hisop neem en dit saam in die bloed van die voël doop wat oor die vars water doodgemaak is. 7 Dan moet hy dit sewe keer spat op die persoon wat homself van die melaatsheid reinig en hom rein verklaar, en hy moet die lewende voël in die oop veld vrylaat. 8 “Die persoon wat homself reinig, moet sy klere was en al sy hare afskeer en in water bad, en hy sal rein wees. Daarna mag hy in die kamp inkom, maar hy moet sewe dae lank buite sy tent bly. 9 Op die sewende dag moet hy al die hare op sy kop en sy ken sowel as sy wenkbroue afskeer. Nadat hy al sy hare afgeskeer het, moet hy sy klere was en in water bad, en hy sal rein wees. 10 “Op die agtste dag moet hy twee jong skaapramme sonder gebrek neem, sowel as een ooilam wat sonder gebrek is, in haar eerste jaar, ’n graanoffer van drie tiendes van ’n efa fynmeel wat met olie gemeng is en een log olie. 11 Die priester wat hom rein verklaar, moet die persoon wat homself reinig, saam met die offers, voor Jehovah bring by die ingang van die tent van samekoms. 12 Die priester moet die een jong ram neem en dit saam met die log olie as ’n skuldoffer bring, en hy moet dit as ’n beweegoffer heen en weer voor Jehovah beweeg. 13 Dan moet hy die jong ram op die plek slag waar die sonde-offer en die brandoffer gewoonlik geslag word, op ’n heilige plek, want die skuldoffer behoort aan die priester, net soos die sonde-offer. Dit is iets besonder heiligs. 14 “Dan moet die priester van die bloed van die skuldoffer neem, en die priester moet dit smeer aan die onderste deel van die regteroor van die persoon wat homself reinig en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet. 15 En die priester moet van die log olie neem en dit in sy eie linkerpalm gooi. 16 Die priester moet dan sy regtervinger in die olie steek wat in sy linkerpalm is en van die olie sewe keer met sy vinger voor Jehovah spat. 17 Dan moet die priester van die olie wat in sy palm oor is, aan die onderste deel van die regteroor smeer van die persoon wat homself reinig, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet, bo-oor die bloed van die skuldoffer. 18 Die priester moet die olie wat in sy palm oor is, op die kop smeer van die persoon wat homself reinig, en die priester moet vir hom versoening doen voor Jehovah.
28 DESEMBER–3 JANUARIE
SKATTE UIT GOD SE WOORD | LEVITIKUS 16-17
“Wat die Versoendag vir jou beteken”
(Levitikus 16:12) “Hy moet dan die vuurbak vol brandende kole van die altaar voor Jehovah neem, sowel as twee hande vol fyn geurige reukwerk, en hy moet dit binne die gordyn bring.
Lesse wat ons uit die boek Levitikus kan leer
Lees Levitikus 16:12, 13. Stel jou voor wat op die Versoendag gebeur: Die hoëpriester gaan in die tabernakel. Dit is die eerste van drie kere dat hy op daardie dag in die Allerheiligste moet ingaan. In die een hand hou hy ’n houer met reukwerk en in die ander ’n goue vuurbak met brandende kole. Hy staan stil voor die gordyn wat voor die ingang van die Allerheiligste hang. Met diep respek gaan hy in die Allerheiligste en staan hy voor die verbondsark. In ’n figuurlike sin staan hy voor Jehovah God! Nou gooi die priester die heilige reukwerk op die brandende kole, en ’n lekker reuk vul die kamer. Later sal hy weer in die Allerheiligste ingaan met die bloed van die sondoffers. Let op dat hy eers die reukwerk brand voordat hy die bloed van die sondoffers offer.
(Levitikus 16:13) Hy moet ook die reukwerk op die vuur plaas voor Jehovah, en die rookwolk van die reukwerk moet die deksel van die Ark, wat op die Getuienis is, omhul, sodat hy nie sterf nie.
Lesse wat ons uit die boek Levitikus kan leer
Wat kan ons leer uit die gebruik van reukwerk op die Versoendag? Die Bybel wys dat die gebede van Jehovah se getroue aanbidders soos reukwerk is (Ps. 141:2; Op. 5:8). Onthou dat die priester die reukwerk met diep respek voor Jehovah gebring het. Net so wanneer ons tot Jehovah bid, doen ons dit met diep respek. Ons is baie dankbaar dat die Skepper van die heelal ons toelaat om nader aan hom te kom en om met hom in gebed te praat, net soos ’n pa met sy kind sal doen (Jak. 4:8). Hy aanvaar ons as sy vriende! (Ps. 25:14). Ons waardeer hierdie voorreg so baie dat ons hom nooit wil teleurstel nie.
(Levitikus 16:14, 15) “Hy moet van die bul se bloed neem en dit met sy vinger voor die deksel spat, aan die oostekant, en hy moet van die bloed sewe keer met sy vinger voor die deksel spat. 15 “Hy moet dan die bok slag wat ’n sonde-offer vir die volk is, en hy moet die bloed tot agter die gordyn bring en met die bloed doen soos hy met die bul se bloed gedoen het. Hy moet dit in die rigting van die deksel en voor die deksel spat.
Lesse wat ons uit die boek Levitikus kan leer
Onthou dat die hoëpriester eers die reukwerk moes brand voordat hy die offerandes kon offer. Op hierdie manier het hy seker gemaak dat hy God se goedkeuring sou hê wanneer hy die offerandes offer. Wat kan ons hieruit leer? Toe Jesus op die aarde was, moes hy iets belangriks gedoen het – iets belangriker as om die mensdom van redding te voorsien – voordat hy sy lewe as ’n offerande kon gee. Wat moes hy doen? Hy moes Jehovah lojaal gehoorsaam gedurende sy lewe op aarde sodat Jehovah sy offerande sou aanvaar. Op hierdie manier sou Jesus bewys dat om dinge op Jehovah se manier te doen, die regte manier is om te lewe. Jesus sou bewys dat sy Vader se soewereiniteit, of manier van regeer, regverdig is.
Soek na geestelike skatte
(Levitikus 16:10) Maar die bok wat deur middel van die lot vir Asaʹsel bestem is, moet lewend voor Jehovah gebring word om versoening daarmee te doen, sodat dit vir Asaʹsel weggestuur kan word, die wildernis in.
it-1-E 226 ¶3
Azazel
As the apostle Paul explained, by Jesus’ offering of his own perfect human life as a sacrifice for the sins of mankind, he accomplished far more than had been achieved by “the blood of bulls and of goats.” (Heb 10:4, 11, 12) He thus served as “the scapegoat,” being the ‘carrier of our sicknesses,’ the one “pierced for our transgression.” (Isa 53:4, 5; Mt 8:17; 1Pe 2:24) He ‘carried away’ the sins of all who exercise faith in the value of his sacrifice. He demonstrated the provision of God to take sinfulness into complete oblivion. In these ways the goat “for Azazel” pictures the sacrifice of Jesus Christ.
(Levitikus 17:10, 11) “‘As enigiemand van die huis van Israel of enige uitlander wat onder julle woon, enige bloed eet, sal ek die persoon wat die bloed eet, beslis verwerp, en ek sal hom onder sy volk uitroei. 11 Want die lewe van die vlees is in die bloed, en ek het dit vir julle gegee sodat julle vir julle versoening kan doen op die altaar, want dit is die bloed wat versoening doen deur die lewe wat daarin is.
Waarom ons heilig moet wees
Lees Levitikus 17:10. Jehovah het die Israeliete beveel om nie “enige bloed” te eet nie. Daar word ook van Christene vereis om hulle te weerhou van bloed—dié van diere sowel as dié van mense (Hand. 15:28, 29). Ons sidder aan die blote gedagte dat God ‘sy aangesig teen ons sal rig’ en ons uit sy gemeente sal verwyder. Ons is lief vir hom en wil hom gehoorsaam. Selfs as ons voor ’n lewensgevaarlike situasie te staan kom, is ons vasbeslote om standvastig te bly wanneer diegene wat Jehovah nie ken en hom nie wil gehoorsaam nie, druk op ons plaas. Ja, ons verwag om bespot te word omdat ons ons van bloed weerhou, maar ons kies om aan God gehoorsaam te wees (Jud. 17, 18). Die regte beskouing van bloed sal ons versterk om vasbeslote te wees om dit nie te eet of ’n bloedoortapping te aanvaar nie.—Deut. 12:23.
Bybelleesgedeelte
(Levitikus 16:1-17) Jehovah het met Moses gepraat ná die dood van Aäron se twee seuns wat gesterf het omdat hulle nader gekom het voor Jehovah. 2 Jehovah het vir Moses gesê: “Sê vir jou broer Aäron dat hy nie sommer enige tyd in die heiligdom, agter die gordyn, tot voor die deksel op die Ark mag inkom nie, sodat hy nie sterf nie, want ek sal in ’n wolk bokant die deksel verskyn. 3 “Aäron moet die volgende bring wanneer hy in die heiligdom inkom: ’n jong bul as ’n sonde-offer en ’n skaapram as ’n brandoffer. 4 Hy moet die heilige kleed van linne aantrek, en die kortbroek van linne moet sy kaal liggaam bedek, en hy moet die lyfband van linne om sy middel sit en die tulband van linne om sy kop bind. Dit is heilige klere. Hy moet in water bad en dit aantrek.5 “Hy moet van die gemeenskap van Israel twee jong bokramme as ’n sonde-offer en een skaapram as ’n brandoffer neem. 6 “Dan moet Aäron die bul as ’n sonde-offer vir homself aanbied, en hy moet vir hom en sy huis versoening doen. 7 “Hy moet dan die twee bokke neem en hulle voor Jehovah bring by die ingang van die tent van samekoms. 8 Aäron moet oor die twee bokke die lot werp, die een lot vir Jehovah en die ander lot vir Asaʹsel. 9 Aäron moet die bok aanbied wat deur middel van die lot vir Jehovah bestem is en dit ’n sonde-offer maak. 10 Maar die bok wat deur middel van die lot vir Asaʹsel bestem is, moet lewend voor Jehovah gebring word om versoening daarmee te doen, sodat dit vir Asaʹsel weggestuur kan word, die wildernis in. 11 “Aäron moet die bul as ’n sonde-offer vir homself aanbied, en hy moet vir hom en sy huis versoening doen. Daarna moet hy die bul as ’n sonde-offer vir homself slag. 12 “Hy moet dan die vuurbak vol brandende kole van die altaar voor Jehovah neem, sowel as twee hande vol fyn geurige reukwerk, en hy moet dit binne die gordyn bring. 13 Hy moet ook die reukwerk op die vuur plaas voor Jehovah, en die rookwolk van die reukwerk moet die deksel van die Ark, wat op die Getuienis is, omhul, sodat hy nie sterf nie. 14 “Hy moet van die bul se bloed neem en dit met sy vinger voor die deksel spat, aan die oostekant, en hy moet van die bloed sewe keer met sy vinger voor die deksel spat. 15 “Hy moet dan die bok slag wat ’n sonde-offer vir die volk is, en hy moet die bloed tot agter die gordyn bring en met die bloed doen soos hy met die bul se bloed gedoen het. Hy moet dit in die rigting van die deksel en voor die deksel spat. 16 “Hy moet vir die heiligdom versoening doen as gevolg van die Israeliete se dade van onreinheid en as gevolg van hulle oortredings en hulle sondes, en dit is wat hy moet doen vir die tent van samekoms, wat by hulle is en wat deur hulle dade van onreinheid omring word. 17 “Geen ander mens mag in die tent van samekoms wees vandat hy ingaan om in die heiligdom versoening te doen totdat hy uitkom nie. Hy moet versoening doen vir hom en vir sy huis en vir die hele gemeente van Israel.