Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwex artikel 17
  • ’n Oorstroming wat goeie nuus gebring het

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Oorstroming wat goeie nuus gebring het
  • Ondervindinge van Jehovah se Getuies
  • Soortgelyke materiaal
  • Gestrand op ’n eiland
    My boek met Bybelverhale
  • Vloede in Mosambiek—Hoe Christene na slagoffers omgesien het
    Ontwaak!—2001
  • Die Galilese boot—’n Skat uit Bybeltye
    Ontwaak!—2006
  • Iets wat geen storm kon wegspoel nie
    Ontwaak!—2003
Sien nog
Ondervindinge van Jehovah se Getuies
ijwex artikel 17
’n Getuie gee ’n kopie van die ‘Ontwaak!’-tydskrif met die titel “Wanneer ’n ramp tref—Hoe lewens gered kan word” aan ’n plaaslike inwoner wat deur die oorstromings geraak is.

’n Oorstroming wat goeie nuus gebring het

In 2017 het 12 Getuies met ’n boot vertrek van die Muskiet (Miskito) -kusstreek van Nicaragua. Hulle boot het die naam Sturi Yamni gehad. Stephen, wat op die boot was, vertel: “Ons doelwit was om ’n klein groepie Getuies wat in ’n afgeleë deel bly, aan te moedig en hulle te help om die goeie nuus in hulle groot gebied te verkondig.”

Die 12 Getuies het vanaf die Pearl-strandmeer op hulle 200 kilometer reis vertrek al langs die Río Grande de Matagalpa-rivier op. Min het hulle geweet dat die naam van hulle boot, wat “Goeie nuus” in die Miskito-taal beteken, so ’n spesiale betekenis sou hê vir die mense wat langs die rivier woon. Nadat hulle 12 uur lank gereis het, sonder om die tyd wat hulle oornag het, by te tel, het die Getuies hulle bestemming bereik – die gemeenskap van La Cruz de Río Grande. Die ses plaaslike Getuies het hulle geestelike broers en susters liefdevol verwelkom.

Daardie nag het iets verskrikliks gebeur. ’n Sterk storm het swaar reën veroorsaak by die begin van die Río Grande de Matagalpa. Binne ’n paar uur het die rivier sy walle oorstroom, en dit het twee dae lank aanhou styg. Die Koninkryksaal en baie huise in La Cruz was oorstroom. Die besoekende broers het die plaaslike mense gehelp om hulle huise te verlaat. Die meeste mense het die volgende twee nagte in ’n dubbelverdiepinghuis spandeer wat aan ’n Getuie behoort.

Die Koninkryksaal in La Cruz. Die water het tot die helfte van die gebou gestyg en amper die heining voor die Koninkryksaal oorstroom.

Die oorstroomde Koninkryksaal in La Cruz

Op die derde nag het die burgemeester van La Cruz na die besoekende Getuies gegaan om hulle vir hulp te vra. Die Sturi Yamni was die enigste boot wat sterk genoeg was om op die oorstroomde rivier te vaar. Daarom wou die burgemeester hê dat hulle ’n span noodlenigingswerkers stroomaf moes vat om ander gemeenskappe wat geraak is, te help. Die Getuies was bly om te help.

Die volgende oggend het drie Getuies saam met die noodlenigingspan vertrek. Stephen vertel: “Teen hierdie tyd het die rivier gevaarlik sterk gevloei. Massiewe ontwortelde bome het stroomaf gedryf, groot maalstrome het gevorm en die rivier het teen ’n spoed van meer as 18 kilometer per uur gevloei.” Ten spyte van moeilike omstandighede kon die boot drie gemeenskappe bereik.

Die drie Getuies het die geleentheid gebruik om die mense in die dorpe te vertroos wat dit baie nodig gehad het. Die Getuies het ook kopieë van ’n Ontwaak! van 2017 met die titel “Wanneer ’n ramp tref—Hoe lewens gered kan word” uitgegee. Hierdie tydskrif was presies wat die mense nodig gehad het in hierdie situasie.

Die inwoners van die gemeenskappe langs die rivier het die praktiese en geestelike hulp wat die Getuies gegee het, baie waardeer. Party inwoners het gesê: “Hulle is gewillig om in moeilike tye te help.” Ander het gesê: “Hulle het ware liefde vir hulle naaste.” Nadat die inwoners gesien het hoe die Getuies hulle mede-aanbidders en ander gehelp het, was hulle meer bereid om na die Bybel se vertroostende boodskap te luister.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel