Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g01 5/8 bl. 11
  • Kan ons die kandelaarboom red?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kan ons die kandelaarboom red?
  • Ontwaak!—2001
  • Soortgelyke materiaal
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak!—2001
  • Hoe reuse langs die kus gekweek word
    Ontwaak!—1992
  • Beheer van ’n dodelike indringer
    Ontwaak!—2000
  • Afrika se verbasende “boom van die lewe”
    Ontwaak!—1995
Sien nog
Ontwaak!—2001
g01 5/8 bl. 11

Kan ons die kandelaarboom red?

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN BRASILIË

VROEËR was suidelike Brasilië met dennebome bedek. Omdat een van die spesies soos ’n vertakte kandelaar lyk, het dit die naam “kandelaarboom” gekry. Dit staan ook bekend as die parana-den en Brasiliaanse den.

Die keëls wat aan die kandelaarboom hang, is groter as pomelo’s, en party weeg ongeveer vyf kilogram. Een keël kan tot 150 sade bevat, wat in Portugees pinhões genoem word. Wanneer die keël ryp is, bars dit met ’n harde kraakgeluid oop, en die sade val uit.

Mense, voëls en diere eet die sade, wat soos kastaiings ruik en proe. Voorheen was pinhões—’n goeie bron van proteïen en kalsium—die stapelvoedsel van party inheemse stamme in suidelike Brasilië. Die sade word vandag nog gebruik. In die Brasiliaanse staat Santa Catarina word hulle byvoorbeeld in plaaslike geregte soos paçoca de pinhão (fyngemaakte pinhões) gebruik.

Die kandelaarboom se getalle het begin kwyn toe die 18de-eeuse Europese setlaars die boom se potensiaal vir hout gesien het. Kort voor lank is kandelaarbome gebruik om huise mee te bou of eenvoudig afgekap om vir graanlande en wingerde plek te maak. Mettertyd is meer bome afgekap as wat daar geplant is. Nou bly net hier en daar ’n stukkie woud oor. Gevolglik het die waarde van die kandelaarboom skerp gestyg. “Dennebome is nie meer hout nie”, het ’n man gesê wat kandelaarhout al 50 jaar lank verwerk. “Dit is goud.”

Volgens navorsers sou die kandelaarboom al uitgesterf het as dit nie vir die Brasiliaanse gaai was nie. Hierdie rustelose voël eet die sade van die kandelaarboom en bêre party in mos en dooie boomvarings. Van hierdie sade ontkiem later. In sekere sin is die Brasiliaanse gaai dus gedurig besig om kandelaarbome te plant! Maar ongelukkig is die aantal Brasiliaanse gaaie aan die afneem weens die vernietiging van die dennewoude.

Party houtmaatskappye het nou begin om klein stroke woud te bewaar en om die kandelaarboom weer in dele van suidelike Brasilië aan te plant. Miskien beteken dit dat die kandelaarboom weer eens sal floreer.

[Prente op bladsy 11]

Elke keël bevat tot 150 “pinhões”

[Erkenning]

Boom en keëls: Marcos Castelani

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel