Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g01 9/22 bl. 8-11
  • Wie sal die wêreld van kos voorsien?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wie sal die wêreld van kos voorsien?
  • Ontwaak!—2001
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Kan die wetenskap en tegnologie ons red?
  • Binnekort—’n lewenskragtige, florerende aarde
  • Wat hou die toekoms in?
    Ontwaak!—2001
  • Verskeidenheid—Noodsaaklik vir lewe
    Ontwaak!—2001
  • Is die mens besig om sy kosvoorraad te vernietig?
    Ontwaak!—2001
  • Sal die mens die aarde onherstelbaar beskadig?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
Sien nog
Ontwaak!—2001
g01 9/22 bl. 8-11

Wie sal die wêreld van kos voorsien?

SAL die mensdom ooit begin om biodiversiteit eerder te beskerm as te vernietig? Dit, volgens die bioloog John Tuxill, sal “’n groot verandering in beleid” verg. Hy voeg egter by dat so ’n verandering “onwaarskynlik- is sonder diepgaande veranderinge in mense se bewustheid van die voordele van biodiversiteit in plante, hulle begeerte om bestaande gebruike te verander en hulle bereidheid om nuwe benaderings te probeer”.

Baie vind dit moeilik om te glo dat sulke diepgaande veranderinge sal plaasvind. En baie stem nie met Tuxill se gevolgtrekking -saam nie. Daar is omgewingswetenskaplikes wat meen dat die rol van biodiversiteit nog nie goed verstaan word nie en miskien deur party van hulle kollegas oordryf word. Terwyl wetenskaplikes die saak debatteer, lyk dit nietemin die moeite werd om ag te slaan op die alarmkreet van party kenners op hierdie gebied. Dit lyk of hulle nie net bekommerd is oor die verlies aan biodiversiteit nie, maar ook oor die hebsug en kortsigtigheid wat hulle agter sulke verliese sien. Let op hierdie kommentare van verskillende skrywers.

“Net ’n eeu gelede het honderdmiljoene boere, wat oor die heIe planeet verspreid was, hulle eie saadvoorrade beheer. . . . Vandag is baie van die saadvoorraad deur internasionale maatskappye bekend gestel, gemanipuleer en gepatenteer en in die vorm van intellektuele eiendom behou. . . . Deur hom op korttermynbemarkingsprioriteite toe te spits, dreig die biotegnologiese bedryf om die genetiese erfstukke te vernietig wat dalk eendag hulle gewig in goud werd sal wees as ’n nuwe verdedigingslinie teen ’n nuwe siekte wat teen behandeling bestand is of teen ’n superinsek.”—Wetenskapskrywer Jeremy Rifkin.

“Die boodskap van die media, wat oor en oor herhaal word, is dat die ware deurslaggewende faktor die mark, vryhandel en die wêreldekonomie moet wees. Wanneer die media deur rykdom en die belange van groot maatskappye oorheers word, is hierdie ekonomiese geloof soos godsdiensdogma en word dit seIde in twyfel getrek.”—Genetikus David Suzuki.

In sy boek Seeds of Change—The Living Treasure wys die skrywer Kenny Ausubel op die skynheiligheid in ontwikkelde lande wanneer hulle “regerings en korporasies die naderende wêreldwye gevaar van die uitsterwing van die mensdom se ‘gemeenskaplike erfenis’, die genepoel, betreur”. Hy sê dat hulle ook biodiversiteit bedreig deur die gebruik van moderne boerderytegnieke en monokulture te bevorder.

Hetsy die ergste vrese van omgewingsdeskundiges geregverdig is of nie, jy vind dit moontlik moeilik om positief te voel oor die toekoms van hierdie planeet. Hoe lank kan dit voortbestaan as die mensdom blykbaar deur hebsug aangedryf word? Omdat hulle baie graag antwoorde wil hê, hoop baie mense dat die wetenskap tot ons redding sal kom.

Kan die wetenskap en tegnologie ons red?

Die Royal Society van Edinburg het onlangs kommer uitgespreek oor die feit dat wetenskaplike vooruitgang nou so vinnig plaasvind en so gesofistikeerd is dat wetenskaplikes die gevaar loop om nie die gevolge van hierdie vooruitgang ten volle te verstaan nie. “Die wetenskap gee ons baie klein brokkies insig in die sigbare wêreld”, het David Suzuki geskryf. “Ons weet so te sê niks van die biologiese samestelling van die Aarde se lewensvorme nie, wat nog te sê van hoe hulle met mekaar verband hou en van mekaar afhanklik is.”

Soos die tydskrif Science verduidelik het, “is nie die risiko’s of die voordele van GMO’s [Geneties gemanipuleerde organismes] seker of universeel nie. . . . Ons kan nie akkuraat voorspel wat die ekologiese uitwerking sal wees van spesies wat in ’n nuwe omgewing ingebring word nie, insluitende GMO’s.”

Baie van die “vooruitgang” was in werklikheid ’n tweesnydende swaard. Dit doen ’n bietjie goed, maar dit openbaar ook die mensdom se gebrek aan wysheid en, alte dikwels, hulIe hebsug (Jeremia 10:23). Die groen revolusie het byvoorbeeld ’n oorvloed voorsien en baie monde gevoed, maar dit het ook tot die verlies aan biodiversiteit bygedra. Deur die gebruik van plaagdoders en ander duur boerderytegnieke te bevorder, het die groen revolusie eintlik “plantkwekers verbonde aan maatskappye asook die elite van die Derde Wêreld ten koste van gewone mense” bevoordeel, het dr. Mae-Wan Ho geskryf. Hierdie neiging duur voort terwyl landbou wat op biotegnologie gebaseer is, ’n selfs groter en invloedryker onderneming word en ons na ’n toekoms neem waar voedselsekerheid al hoe afhankliker van die wetenskap word.

Hierdie bekommernisse hoef ons egter nie mismoedig te maak nie. Dit lig in werklikheid net ’n belangriker punt toe. Die Bybel help ons om te sien dat ons nie te veel moet verwag van die onvolmaakte mense wat nou hierdie planeet en sy hulpbronne bestuur nie. Vir die oomblik is mislukkings en wanbestuur eenvoudig ’n deel van die mens se situasie. Gevolglik gee Psalm 146:3 die volgende raad: “Vertrou nie op prinse, op die mensekind, by wie geen heil is nie.” Maar ons kan God volkome vertrou (Spreuke 3:5, 6). Hy het die begeerte en die krag om ons te help.—Jesaja 40:25, 26.

Binnekort—’n lewenskragtige, florerende aarde

Voordat jy ’n bouvallige huis opknap, sal jy dalk eers die rommel moet verwyder. Net so gaan Jehovah God binnekort al die goddeloses van die aarde af verwyder, insluitende dié wat ons planeet, sy natuurlike bates en selfs ander mense bloot as dinge beskou wat ter wille van persoonlike en maatskappyrykdom uitgebuit kan word (Psalm 37:10, 11; Openbaring 11: 18). Maar Jehovah sal almal wat hom liefhet en sy wil probeer doen, behoue laat bly.—1 Johannes 2:15-17.

Daarna sal die aarde en sy tallose lewensvorme, insluitende gehoorsame mense, bestuur word deur ’n regering wat God opgerig het—die Messiaanse Koninkryk (Daniël 7:13, 14; Matteus 6:10). En wat ’n oorvloed sal die aarde tog voortbring onder daardie wyse heerskappy! Psalm 72:16 (NW) sê: “Daar sal volop graan op die aarde wees; op die top van die berge sal daar ’n oorvloed wees.” Ja, kos sal nie meer ’n omstrede kwessie en ’n bron van kommer wees nie. Dit sal eerder veilig en volop wees.

Terwyl die huidige stelsel dus al hoe dieper in sy toestand van wanhoop en onsekerheid wegsink, kan die mense wat op Jehovah vertrou, uitsien na ’n glorieryke toekoms reg hier op die aarde. Hierdie hoop word vervat in die “goeie nuus van die koninkryk”, wat Jehovah se Getuies vreugdevol verkondig aan almal wat ’n beter en regverdiger wêreld wil hê (Matteus 24:14). Danksy hierdie gewisse hoop—en God se vaderlike sorg ten behoewe van sy volk—kan ons, selfs nou, “veilig woon en gerus wees teen die skrik vir die onheil”.—Spreuke 1:33.

[Prent op bladsy 10]

Onder God se Koninkryk sal kos veillg en volop wees

[Foto-erkenning op bladsy 8]

FAO Photo/K. Dunn

[Foto-erkenning op bladsy 9]

Tourism Authority of Thailand

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel