Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g03 8/22 bl. 31
  • Soos Kristalmaanligstrale

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Soos Kristalmaanligstrale
  • Ontwaak!—2003
  • Soortgelyke materiaal
  • Daardie pragtige kristalle van Kofoe
    Ontwaak!—1990
  • Ruigryp—Wie is die kunstenaar?
    Ontwaak!—1994
  • ‘Bolivianita—Het jy dit al gesien?’
    Ontwaak!—2005
  • Die ondergrondse prag van die Carlsbad-grotte
    Ontwaak!—2001
Sien nog
Ontwaak!—2003
g03 8/22 bl. 31

Soos Kristalmaanligstrale

In April 2000 het mynwerkers naby Chihuahua, Mexiko, sowat 300 meter onder die aardoppervlak ’n tonnel oopgeskiet om na edelmetale te soek. Nadat die 40-jarige Eloy Delgado hom deur ’n smal opening gewikkel het, het hy op ’n grot vol reusagtige, deurskynende kristalle afgekom. “Dit was pragtig”, het hy gesê, “soos lig wat deur ’n gebreekte spieël weerkaats word.” Iemand anders het gesê dat dit gelyk het of “maanligstrale skielik ’n vaste vorm aangeneem het”.

Die kristalle is vermoedelik die grootste ter wêreld. Party is so groot soos volgroeide dennebome en is tot 15 meter lank en weeg meer as tien ton! “Dit is werklik verstommend om kristalle te sien wat so groot en volmaak is”, het Jeffrey Post, ’n kurator van minerale by die Smithsonian-instituut in Washington, DC, gesê. Hy het ook gesê dat die meeste kristalle op aarde klein genoeg is om in jou handpalm te pas.

Die tydskrif Smithsonian van April 2002 het die vorming van hierdie kristalle beskryf en gesê: “Grondwater in hierdie grotte, wat ryk is aan swael uit die metaalafsettings daar naby, het die kalksteenwande begin oplos, wat daartoe gelei het dat baie kalsium vrygestel is. Hierdie kalsium het toe met die swael verbind en kristalle gevorm wat baie groter is as wat mense al ooit gesien het.”

Hoewel die temperatuur en voggehalte in die grotte dalk vir kristalle ideaal is, is dit gevaarlik vir mense. Die temperatuur bly na aan 65 grade Celsius en die voggehalte bly op 100 persent. Die navorser Richard Fisher, die eerste Noord-Amerikaner wat die grotte besoek het, sê: “As jy in die groot grot instap, is dit soos om in ’n hoogoond in te gaan.” Hy voeg by dat ’n mens net sowat ses tot tien minute in hierdie toestande aan die lewe kan bly. Daarna is die hitte en voggehalte te erg om te verduur.

Die ontdekking van hierdie reusagtige kristalle is net nog ’n herinnering aan die aarde se ontsagwekkende skeppingswonders en oorvloed, waarvan baie dalk nog vir ons oë verborge is. Stem jy nie saam met die psalmis wat gesê het nie: “Hoe talryk is u werke, o Jehovah! U het hulle almal in wysheid gemaak. Die aarde is vol van wat u voortgebring het”?—Psalm 104:24.

[Foto-erkenning op bladsy 31]

Al die foto’s: © Richard D. Fisher

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel