Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 8/10 bl. 24
  • Die saggeaarde dog sterk Shetlandponie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die saggeaarde dog sterk Shetlandponie
  • Ontwaak!—2010
  • Soortgelyke materiaal
  • Waar koeie vlieg
    Ontwaak!—1993
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak!—2010
  • Het jy geweet?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Die Oktober-skou—“Europa se oudste internasionale perdemark”
    Ontwaak!—1999
Sien nog
Ontwaak!—2010
g 8/10 bl. 24

Die saggeaarde dog sterk Shetlandponie

● As jy al ooit by ’n plattelandse skou was, het jy dalk al ’n Shetlandponie gesien—of selfs op een gery. Soos hulle naam aandui, kom Shetlandponies oorspronklik van die Shetlandeilande, noordoos van Skotland. Trouens, argeoloë het die beendere van klein ponies daar opgegrawe wat duisende jare oud is.

Shetlandponies word maklik uitgeken aan hulle kort bene, lang maanhare en stert asook dik winterpels, wat hulle teen die gure weer van hulle oorspronklike habitat beskerm. Die ponies is gewoonlik tussen 70 en 107 sentimeter hoog en is meestal swart of donkerbruin. Anders as ander perde word Shetlandponies gemeet in sentimeters en nie in hande nie, ’n maateenheid wat gelyk is aan tien sentimeter. Hulle amptelike maksimum hoogte is 107 sentimeter, met die uitsondering van Amerikaanse Shetlandponies, wat nie hoër as 117 sentimeter mag wees nie.

Hoewel Shetlandponies klein is, is hulle sterk. Trouens, vir hulle grootte is hulle die sterkste van alle perderasse. Daarom is die ponies in die verlede gebruik om turf aan te ry, landerye om te ploeg en in steenkoolmyne te werk, waar net klein diere deur die tonnels kon beweeg. Om die waarheid te sê, baie het hulle hele lewe in die myne deurgebring en nooit daglig gesien nie.

Wanneer Shetlandponies goed opgelei is, is hulle saggeaard en mak, wat hulle ideaal vir kinders maak. Hulle goeie geaardheid verklaar moontlik waarom positiewe resultate behaal is toe hierdie ponies in terapeutiese programme vir gestremdes gebruik is.

Danksy Shetlandponies se lieftallige eienskappe en hulle vermoë om by uiteenlopende omgewings aan te pas, is hulle al na verskillende wêrelddele uitgevoer en is baie klubs gestig en teelregisters gevestig. Maar die dier se naam verbind hom nog steeds met sy oorspronklike eilandtuiste, waar die Shetlandras nog steeds merkwaardig gesond en geneties suiwer bly.

[Prent op bladsy 24]

Vir hulle grootte is Shetlandponies die sterkste van alle perderasse

[Foto-erkenning op bladsy 24]

© S Sailer/A Sailer/age fotostock

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel