Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 9/11 bl. 3
  • Getref deur die Groot Resessie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Getref deur die Groot Resessie
  • Ontwaak!—2011
  • Soortgelyke materiaal
  • Betaal dit om skuld te maak?
    Ontwaak!—1995
  • Ontslag—Die werknemer se nagmerrie
    Ontwaak!—1991
  • Skuld! Hoe jy daarin kom—Hoe jy daaruit kom
    Ontwaak!—1990
  • Advies vir diegene met skuld
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
Sien nog
Ontwaak!—2011
g 9/11 bl. 3

Getref deur die Groot Resessie

“DIE slegste ekonomie in baie jare.” Dit is hoe die Encyclopædia Britannica Online die resessie beskryf het wat die wêreld onlangs getref het. Die ekonomiese insinking wat in 2007 in die Verenigde State begin het, was so erg en het soveel lande geraak dat dit ’n unieke naam gegee is, die Groot Resessie.

Wat het dit veroorsaak? Die tydskrif Newsweek het eenvoudig gesê: “’n Vlaag van onverantwoordelike geldlenery.” Wat het aanleiding gegee tot hierdie waansinnige lenery, hierdie gier wat mense het om dinge te koop wat hulle nie kan bekostig nie?

Jy sal waarskynlik saamstem dat die wêreld se ekonomiese stelsel, wat gierigheid aanwakker, hiervoor verantwoordelik is. Die boodskap was as ’t ware: “Koop! Koop! Koop!” of jy dit kan bekostig of nie. “’n Geslag mense het deur bittere ervaring geleer hoe gevaarlik dit is om te veel te leen”, verduidelik die ekonoom Chris Farrell in sy boek The New Frugality.

Baie lande is swaar getref deur die Groot Resessie. ’n Hoofartikel van die Suid-Afrikaanse koerant Sunday Times het verlede jaar gesê: “Ondanks tekens van herstel sukkel verbruikers . . . nog steeds om die pot aan die kook te hou.” Die koerant berig dat “amper 3 000- 000 verbruikers [in Suid-Afrika] meer as drie maande agterstallig is met hulle rekeninge; en amper 250 000 middelinkomstewerkers het oor die afgelope twee jaar hulle werk verloor”.

Tienmiljoene mense het al in onlangse jare hulle werk verloor. Wat berigte oor tekens van herstel in die Verenigde State betref, het die Financial Times skertsend gesê: “Die herstel wat vanaf Junie 2009 plaasgevind het, kan die ‘Groot Teleurstelling’ genoem word.” Die koerant het bygevoeg: “Baie ekonome meen dat die verpligting om skuld af te betaal, verbruikersbesteding nog etlike jare sal vertraag.”

As jy ’n slagoffer van die Groot Resessie is, sal jy sekerlik saamstem met wat die skrywer David Beart in ’n verhandeling geskryf het: “Dit lyk asof daar baie besprekings is oor die wêreld se finansiële probleme, maar min inligting word voorsien oor hoe om hierdie probleme op te los.”

Die volgende artikels is saamgestel om mense te help wat sukkel om hulle skuld af te betaal. Hierdie vrae sal beantwoord word: Watter voordele hou dit in om te spaar? Wat kan jy doen as jy in die skuld is? Hoe kan jy leer om verstandiger met jou geld te werk?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel