Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 4/12 bl. 23
  • Ons beskou die wêreld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons beskou die wêreld
  • Ontwaak!—2012
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Opgedollie vir kindergeboorte
  • Bly aktief, bly gesond
  • Gesonde moeders, gesonde babas
    Ontwaak!—2009
  • Hoe nodig is oefening?
    Ontwaak!—2005
  • Hoe om jou gesondheid te beskerm
    Ontwaak!—1999
  • Het televisie jou verander?
    Ontwaak!—1991
Sien nog
Ontwaak!—2012
g 4/12 bl. 23

Ons beskou die wêreld

“Voordat daar rekenaars was, was dit byna onmoontlik [vir plantkundiges] om al die beskikbare lektuur te deursoek voordat hulle ’n nuwe spesie benoem het, en daarom het dupliserings begin toeneem.” Daar is nou vasgestel dat ten minste 477 601 van die sowat miljoen name wat gelys is, dupliserings is.—SCIENCE, VSA.

“Net 6 persent van Chinese sê dat hulle gelukkig is.” Tydens ’n opname het sowat 39 persent van die respondente gesê dat “rykdom” die “grootste uitwerking op geluk het”.—CHINA DAILY, CHINA.

“’n Ondersoek na die geloofwaardigheid van Rusland se misdaadsyfers . . . het aan die lig gebring dat hierdie syfers regoor die land ‘op groot skaal vervals’ word.” Wetstoepassingsagentskappe word daarvan beskuldig dat hulle “die ware misdaadsituasie [probeer] verbloem” en dat hulle beweer dat hulle meer misdade opgelos het as wat werklik die geval is.—RIA NOVOSTI, RUSLAND.

“Een uit drie universiteitstudente in die Duitse hoofstad [Berlyn] sal dit oorweeg om sekswerk te doen [wat prostitusie en erotiese dans insluit] om vir hulle studies te betaal.”—DIE REUTERS-NUUSDIENS, DUITSLAND.

Opgedollie vir kindergeboorte

Die sosiale media het ’n uitwerking gehad op hoe ma’s aankondig dat hulle geboorte gegee het. Terwyl hulle oumas telegramme gestuur het, “maak nuwe ma’s die wonderlike nuus oor die Internet bekend”, sê ’n verslag deur die Amerikaanse TV-kanaal ABC. Die aankondiging sluit dikwels foto’s in van die ma en baba kort ná die geboorte. Die nuwe geslag voorkomsbewuste vroue bederf hulleself dus met voorgeboortelike skoonheidsbehandelings, insluitende gesigsbehandelings en hand- en voetversorging. “Party reël selfs dat ’n haarkapper saam met hulle na die hospitaal gaan”, sê die verslag. Waarom? Om goed te lyk vir hulle bevalling, verduidelik Toni Golen, die mediese direkteur van die kraamafdeling van Boston se Beth Israel Deaconess- Mediese Sentrum.

Bly aktief, bly gesond

Volgens navorsers word lang tye van fisiese onbedrywigheid by die werk, by die skool of voor die TV met chroniese siektes verbind. “Die werking van lipoproteïen-lipase, die ensiem wat spiere in staat stel om vet uit die bloedstroom te neem en dit te verbrand, neem drasties af terwyl jy sit”, sê die Vancouver Sun. Volgens hierdie koerant is “kort kardiovaskulêre oefensessies wat ons hartklop laat versnel, . . . nie genoeg” om gesond te bly nie. “Ons het gereelde, konstante ligte tot matige oefening nodig om ons metabolisme aan die gang te hou.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel