Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 7/12 bl. 9
  • Wat sal verander?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat sal verander?
  • Ontwaak!—2012
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Bybelstudieprogram vir almal
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Wil jy graag die Bybel beter leer ken?
    Wil jy graag die Bybel beter leer ken?
  • Wie kan ons wêreld verander?
    Ontwaak!—2012
  • Wat dink jy sal in die toekoms gebeur?
    Wat dink jy sal in die toekoms gebeur
Sien nog
Ontwaak!—2012
g 7/12 bl. 9

Wat sal verander?

“Nasie sal nie teen nasie die swaard ophef nie.”

“Geen inwoner sal sê: ‘Ek is siek’ nie.”

“Die dood sal daar nie meer wees nie.”

DIE stellings hierbo klink dalk te goed om te glo. Maar ons kan seker wees dat dit nie net wensdenkery is nie. Waarom? Want dit is nie die leë beloftes van politieke leiers wat magteloos is om ons wêreld te verander nie. Trouens, die beloftes wat hierbo aangehaal word, word in die Bybel gevind.a

Baie mense meen dat die Bybel ’n ou boek is wat nie op ons tye van toepassing is nie. Is dit wat jy glo? Indien wel, kan jy die Bybel gerus ’n bietjie noukeuriger ondersoek. Die feit is dat die Bybel die enigste heilige boek is waarin die mensdom se geskiedenis tot heel aan die begin teruggevoer word. Dit verduidelik die volgende:

● Hoe die mensdom in so ’n benarde toestand beland het.—Romeine 5:12.

● Hoe God die situasie sal regstel.—Johannes 3:16.

● Waarom regerings nie ons wêreld kan verander nie.—Jeremia 10:23.

● Waarom ons kan vertrou op God se belofte om dit te doen.—Josua 23:14.

Sal God die mensdom werklik bevry van honger, oorlog, siekte en die dood? Dit is nie moeilik om te glo as jy die volgende aanvaar nie:

1. God het ons geskep.

2. Hy gee vir ons om.

3. Hy het die mag om die wêreld te verander.

4. Dit is sy voorneme om dit te doen.

Is daar goeie rede om hierdie vier punte te aanvaar? Jehovah se Getuies, die uitgewers van hierdie tydskrif, nooi jou om self uit te vind deur die Bybel te studeer.

Dalk besit jy ’n Bybel, maar lees jy dit selde of glad nie. Selfs baie mense wat die Bybel lees, sê dat hulle sukkel om dit te verstaan. As dit met jou die geval is, nooi ons jou om Jehovah se Getuies te vra vir ’n gratis tuisbybelstudie. Miljoene mense regoor die wêreld vind baat by hierdie reëling. Hoe werk dit?

Een of twee van Jehovah se Getuies kan jou elke week by jou huis of op ’n ander gerieflike plek ontmoet om die Bybel gratis met jou te studeer. Hierdie Bybelstudiesessies sal jou help om die antwoorde te vind op vrae soos: Waarom ly ons? Waarom is menseregerings magteloos om die wêreld te verander? Wat is God se Koninkryk, en hoe sal dit regkry wat menseregerings nie kan regkry nie?b

Vir meer inligting oor hoe jy by ’n tuisbybelstudie kan baat vind, kan jy in aanraking kom met Jehovah se Getuies in jou omgewing of kan jy ons webwerf www.pr2711.com besoek. Jy kan ook skryf na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif.

[Voetnote]

a Die aanhalings boaan hierdie bladsy kom uit Jesaja 2:4, Jesaja 33:24 en Openbaring 21:4.

b Sien ook die artikel “Die Bybel se beskouing: Wie kan ons wêreld verander?” op bladsye 26 en 27 van hierdie tydskrif.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel