Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w08 9/15 bl. 32
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Soortgelyke materiaal
  • Talespraak
    Redenering uit die Skrif
  • Is die gawe van tale deel van die ware Christelike geloof?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Aanneming—Is dit ’n vereiste vir Christene?
    Ontwaak!—1991
  • Wat leer die Bybel oor die vermoë om in tale te praat?
    Antwoorde op Bybelvrae
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
w08 9/15 bl. 32

Vrae van lesers

Die apostel Paulus het in sy brief aan die Hebreërs van “die handeoplegging” gepraat. Het hy verwys na die aanstelling van ouer manne of na iets anders?—Heb. 6:2.

Daar is geen rede om dogmaties te wees nie, maar Paulus het waarskynlik verwys na die handeoplegging om gawes van die gees oor te dra.

Die Bybel praat wel van handeoplegging in verband met teokratiese aanstellings. Moses het Josua “die hand opgelê” toe hy hom as sy opvolger aangestel het (Deut. 34:9). In die Christelike reëling is party bekwame manne deur handeoplegging aangestel (Hand. 6:6; 1 Tim. 4:14). Paulus het gesê dat iemand nie haastig die hande opgelê moet word nie.—1 Tim. 5:22.

Maar Paulus het Hebreeuse Christene aangespoor om ‘tot volwassenheid voort te beur’ noudat hulle “die grondleer” agtergelaat het. Toe het hy “berou oor dooie werke, en geloof in God, die leer oor dope en die handeoplegging” opgenoem (Heb. 6:1, 2). Sou die aanstelling van ouer manne bloot deel wees van die grondleer wat Christene moes agterlaat sodat hulle kon voortbeur? Nee. Om ’n gemeentelike ouer man te wees, is ’n doelwit wat geestelik volwasse broers moet nastreef en daarná moet waardeer.—1 Tim. 3:1.

Maar daar was nog iets waarvoor handeoplegging gebruik is. In die eerste eeu het Jehovah natuurlike Israel as sy volk verwerp ten gunste van geestelike Israel, die gemeente van gesalfde Christene (Matt. 21:43; Hand. 15:14; Gal. 6:16). Wonderdadige gawes van die gees, soos talespraak, het bewys gelewer van hierdie verandering (1 Kor. 12:4-11). Toe Kornelius en sy huisgesin gelowiges geword het, het hierdie nuwelinge die heilige gees ontvang, soos blyk uit die feit dat hulle ‘in tale gepraat het’.—Hand. 10:44-46.

Soms is wonderdadige gawes deur handeoplegging oorgedra. Toe Filippus die goeie nuus in Samaria verkondig het, is baie mense gedoop. Die bestuursliggaam het die apostels Petrus en Johannes daarheen gestuur. Waarom? Ons lees: “Toe het [die twee van] hulle [die pasgedooptes] die hande opgelê, en hulle het heilige gees begin ontvang.” Dit het ongetwyfeld beteken dat hulle die gawes van die gees ontvang het, vermoëns wat gesien kon word. Ons weet dit omdat Simon, wat voorheen toorkunste beoefen het, hierdie werking van die gees gesien het en uit gierigheid die vermoë probeer koop het om ander die hande op te lê sodat hulle heilige gees met wonderdadige gevolge kon ontvang (Hand. 8:5-20). Later is 12 mense in Efese gedoop. Ons lees: “Toe Paulus hulle die hande oplê, het die heilige gees op hulle gekom, en hulle het begin om in tale te praat en te profeteer.”—Hand. 19:1-7; vergelyk 2 Timoteus 1:6.

In Hebreërs 6:2 het Paulus dus blykbaar verwys na die handeoplegging om gawes van die gees aan nuwe gelowiges oor te dra.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel