Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w11 5/1 bl. 7
  • Profesie 4. Gebrek aan natuurlike liefde

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Profesie 4. Gebrek aan natuurlike liefde
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Soortgelyke materiaal
  • Hulp vir slagoffers van gesinsgeweld
    Nog onderwerpe
  • Waarom slaan mans aan vroue?
    Ontwaak!—2001
  • Wanneer geweld die huis tref
    Ontwaak!—1993
  • Wat veroorsaak gesinsgeweld?
    Ontwaak!—1993
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
w11 5/1 bl. 7

Profesie 4. Gebrek aan natuurlike liefde

“Mense sal . . . ’n gebrek aan natuurlike liefde vir hulle gesin hê.”—2 TIMOTEUS 3:1-3, God’s Word Bible.

● Chris werk vir ’n groep in Noord-Wallis wat hulp verleen aan slagoffers van gesinsgeweld. “Ek onthou een vrou wat ingekom het en so erg geslaan is dat ek haar nie eers kon herken nie”, sê Chris. “Ander vroue is emosioneel so afgetakel dat hulle nie eers kan opkyk nie.”

WAT TOON DIE FEITE? In ’n Afrikaland is ongeveer 1 uit elke 3 vroue as kind seksueel misbruik. ’n Opname wat in daardie land gedoen is, het getoon dat meer as een derde van mans dink dat dit aanvaarbaar is om hulle vrou te slaan. Maar vroue is nie die enigste slagoffers van gesinsgeweld nie. Byvoorbeeld, in Kanada is byna 3 uit 10 mans deur hulle maat geslaan of andersins misbruik.

WAT IS ’N ALGEMENE BESWAAR? Daar was nog altyd gesinsgeweld. Vandag kry dit net meer aandag as in die verlede.

IS DIT ’N GELDIGE BESWAAR? Bewustheid van gesinsgeweld het in onlangse dekades toegeneem. Maar het groter bewustheid van die probleem die aantal gevalle van gesinsgeweld laat afneem? Nee, dit is nie die geval nie. ’n Gebrek aan natuurlike liefde word al hoe algemener.

WAT DINK JY? Word 2 Timoteus 3:1-3 vervul? Het baie ’n gebrek aan die liefde vir hulle gesin wat hulle van nature behoort te voel?

Die vyfde profesie waarvan jy die vervulling sien, hou verband met ons tuiste, die aarde. Kyk wat die Bybel oor hierdie onderwerp sê.

[Lokteks op bladsy 7]

“Daar word erken dat gesinsgeweld een van die mees ondergerapporteerde misdade in die samelewing is. ’n Vrou sal gemiddeld 35 keer deur haar maat aangerand word voordat sy dit by die polisie aanmeld.”—’N WOORDVOERDER VIR WALLIS SE GESINSGEWELDHULPLYN.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel