Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/12 bl. 3
  • Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—2012
Ons Koninkryksbediening—2012
km 8/12 bl. 3

Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool

Die volgende vrae sal gedurende die week wat begin met 27 Augustus 2012 bespreek word. Die datum waarop elke gedagte bespreek sal word, word ook ingesluit.

1. Wat het Esegiël se visioen oor afvallige Juda voorafgeskadu, en watter belangrike les leer ons hieruit? (Eseg. 8:15-17). [2 Jul., w07 7/1 bl. 13 par. 6; w93 1/15 bl. 27-28 par. 7, 12]

2. In watter opsig volg die meeste godsdiensleiers die valse profete van Esegiël se dag na? (Eseg. 13:3, 7). [9 Jul., w99 10/1 bl. 13 par. 14-15]

3. Wie is die “sagte takkie” in die profesie in Esegiël 17:22-24, wat is die “hoë en verhewe berg” waarop hy oorgeplant word, en hoe sal hy “’n majestueuse seder” word? [16 Jul., w07 7/1 bl. 12-13 par. 6]

4. Wie het Esegiël se medebannelinge vir hulle lyding blameer volgens die spreekwoord waarna daar in Esegiël 18:2 verwys word, en watter waardevolle les kan ons uit hierdie verslag leer? [23 Jul., w88 9/15 bl. 18 par. 10]

5. Hoe toon die voorval wat in Esegiël 21:18-22 opgeteken is, dat nie mense of demone Jehovah se voorneme kan verander nie? [30 Jul., w07 7/1 bl. 14 par. 4]

6. Wat stel die roes van die kookpot in Esegiël 24:6, 11, 12 voor, en watter beginsel word in vers 14 genoem? [6 Aug., w07 7/1 bl. 14 par. 2]

7. Hoe is die profesie teen die stad Tirus vervul? [6 Aug., it-1-E bl. 70, venster; si bl. 133 par. 4]

8. Watter uitdrukkings in Esegiël 28:2, 12-17 pas by “die koning van Tirus” sowel as die oorspronklike verraaier, Satan? [13 Aug., w05 10/15 bl. 23-24 par. 10-14; it-2-E bl. 604 par. 4-5]

9. Wanneer was Egipte 40 jaar lank verlate, en op grond waarvan kan ons glo dat hierdie verlate toestand wel plaasgevind het? (Eseg. 29:8-12). [13 Aug., w07 8/1 bl. 8 par. 5]

10. Hoe het Esegiël op onverskilligheid, bespotting en ’n gebrek aan reaksie gereageer, en watter versekering het Jehovah hom gegee? (Eseg. 33:31-33). [20 Aug., w91 3/15 bl. 17 par. 16-17]

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel