Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 1 Kronieke 16:40
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 40 om voortdurend soggens en saans op die brandofferaltaar brandoffers aan Jehovah te bring en met die oog op alles wat geskrywe staan in die wet van Jehovah wat hy Israel beveel het;+

  • 2 Kronieke 2:4
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 4 kyk, ek bou+ ’n huis vir die naam+ van Jehovah my God om dit aan hom te heilig,+ om welriekende reukwerk+ voor hom te brand, met die altydblywende stapelbrood+ en die brandoffers soggens en saans,+ op die sabbatte+ en op die nuwemane+ en op die feestye+ van Jehovah ons God. Tot onbepaalde tyd+ is dit aan Israel opgelê.

  • 2 Kronieke 13:11
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 11 En oggend na oggend en aand na aand laat hulle brandoffers vir Jehovah rook,+ en ook welriekende reukwerk;+ en die stapels brood is op die tafel van suiwer goud,+ en daar is die goue lampstaander+ en sy lampe wat aand na aand opgesteek moet word;+ want ons kom die verpligting+ teenoor Jehovah ons God na, maar julle het hom verlaat.+

  • Daniël 9:27
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 27 “En hy sal die verbond+ een week lank vir baie van krag laat bly;+ en teen die helfte van die week sal hy offerande en offergawe laat ophou.+

      “En op die vleuel van walglike dinge sal die een wees wat verwoesting veroorsaak;+ en totdat ’n uitroeiing volbring is, sal dit waarop besluit is, ook uitgestort word oor die een wat woes lê.”+

  • Hebreërs 7:27
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 27 Hy hoef nie elke dag,+ soos daardie hoëpriesters, offerandes te bring, eers vir sy eie sondes+ en dan vir dié van die volk nie+ (want dit het hy eens+ en vir altyd gedoen toe hy homself geoffer het+);

  • Hebreërs 10:11
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 11 Ook neem elke priester van dag tot dag+ sy plek in+ om openbare diens te verrig en om dieselfde offerandes dikwels te bring, aangesien dit sondes nooit heeltemal kan wegneem nie.+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel