12 Jehovah sal sy goeie skatkamer, die hemel, vir jou oopmaak om die reën op jou land op die regte tyd daarvoor te gee+ en om al die werk van jou hand te seën;+ en jy sal beslis aan baie nasies leen, terwyl jy self van niemand sal leen nie.+
23 En hy sal beslis die reën gee vir jou saad waarmee jy die grond besaai,+ en as die opbrengs van die grond, brood, wat vet en olierig sal word.+ Jou vee sal in dié dag op ’n uitgestrekte weiveld wei.+
23 En julle, kinders van Sion, wees bly en verbly julle in Jehovah julle God;+ want hy sal julle sekerlik die herfsreën in die regte maat gee,+ en hy sal ’n stortreën op julle laat neerdaal, herfsreën en lentereën, soos vroeër.+
7 “‘En ek het ook die stortreën van julle teruggehou toe dit nog drie maande voor die oes was;+ en ek het dit op een stad laat reën, maar op ’n ander stad het ek dit nie laat reën nie. Op een stuk land het dit gereën, maar ’n stuk land waarop ek dit nie laat reën het nie, het verdroog.+