18 “As ’n man ’n seun het wat hardkoppig en opstandig is,+ wat nie na die stem van sy vader of die stem van sy moeder luister nie,+ en hulle hom tereggewys het, maar hy nie na hulle wil luister nie,+
21 Dan moet al die manne van sy stad hom met klippe gooi, en hy moet sterf. So moet jy die kwaad uit jou midde wegruim, en die hele Israel sal dit hoor en inderdaad bang word.+
17 Die oog wat ’n vader bespot en wat gehoorsaamheid aan ’n moeder verag+—die rawe van die stroomvallei sal dit uitpik en die kuikens van die arend sal dit opeet.