18 Op dié dag het Jehovah ’n verbond met Abram gesluit+ en gesê: “Aan jou saad sal ek hierdie land gee,+ van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier:+
24 Want ek sal die nasies voor jou uit verdryf,+ en ek sal jou gebied ruim maak;+ en niemand sal jou land begeer terwyl jy drie keer in die jaar opgaan om die aangesig van Jehovah jou God te sien nie.+
24 Elke plek waarop julle voetsool trap, sal julle s’n word.+ Van die wildernis tot by die Libanon, van die Rivier, die Eufraatrivier, tot by die westelike see sal julle grens wees.+