Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Eksodus 23:8
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 8 “Jy mag nie ’n omkoopgeskenk aanvaar nie, want die omkoopgeskenk verblind skerpsiendes en kan die woorde van regverdiges verdraai.+

  • Deuteronomium 16:19
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 19 Jy mag die reg nie verdraai nie.+ Jy mag nie partydig wees+ of ’n omkoopgeskenk aanvaar nie, want die omkoopgeskenk verblind die oë van wyses+ en verdraai die woorde van regverdiges.

  • Psalm 15:5
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    •  5 Sy geld het hy nie teen rente gegee nie,+

      En ’n omkoopgeskenk teen die onskuldige het hy nie aanvaar nie.+

      Hy wat hierdie dinge doen, sal nooit wankel nie.+

  • Psalm 26:10
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 10 In wie se hande daar losbandige gedrag is,+

      En wie se regterhand vol omkopery is.+

  • Spreuke 29:4
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 4 Deur geregtigheid laat ’n koning ’n land standhou,+ maar ’n man wat agter omkoopgeskenke aan is, breek dit af.+

  • Jesaja 1:23
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 23 Jou vorste is hardkoppig en deelgenote met diewe.+ Elkeen van hulle het omkoopgeskenke lief+ en jaag belonings na.+ Aan ’n vaderlose seun laat hulle nie reg geskied nie; en selfs die regsaak van ’n weduwee vind geen toegang by hulle nie.+

  • Jesaja 33:15
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 15 “Daar is een wat in volgehoue regverdigheid wandel+ en spreek wat reg is,+ wat die onregverdige wins deur bedrog verwerp,+ wat sy hande daarvan losskud om ’n omkoopgeskenk aan te gryp,+ wat sy oor toestop om nie na bloedvergieting te luister nie en wat sy oë toemaak om nie te sien wat sleg is nie.+

  • Miga 3:11
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 11 Sy hoofde spreek reg bloot vir ’n omkoopgeskenk,+ en sy priesters onderrig net teen ’n prys,+ en sy profete beoefen waarsêery bloot vir geld;+ nogtans bly hulle op Jehovah steun en sê: “Is Jehovah nie in ons midde nie?+ Geen rampspoed sal oor ons kom nie.”+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel