15 En die hele volk het na Gilgal gegaan, en daar het hulle Saul voor Jehovah in Gilgal koning gemaak. Toe het hulle daar voor Jehovah gemeenskapsoffers gebring,+ en Saul en al die manne van Israel het hulle daar grootliks verbly.+
13 Hierop het Samuel vir Saul gesê: “Jy het dwaas opgetree.+ Jy het nie die gebod+ van Jehovah jou God onderhou wat hy jou beveel het nie,+ want as jy het, sou Jehovah jou koninkryk tot onbepaalde tyd oor Israel bevestig het.
26 Maar Samuel het vir Saul gesê: “Ek sal nie saam met jou terugkeer nie, want jy het die woord van Jehovah verwerp, en Jehovah verwerp jou sodat jy nie meer koning oor Israel sal wees nie.”+
23 En wanneer God se gees oor Saul gekom het, het Dawid die harp geneem en met sy hand gespeel; en daar was verligting vir Saul en dit het met hom goed gegaan, en die slegte gees het van hom gewyk.+
7 Uiteindelik het Saul vir sy knegte gesê: “Soek vir my ’n vrou wat ’n meesteres van geestemediumskap+ is, en ek sal na haar toe gaan en haar raadpleeg.” Toe het sy knegte vir hom gesê: “Kyk! In En-Dor+ is daar ’n vrou wat ’n meesteres van geestemediumskap is.”
4 Toe het Saul vir sy wapendraer gesê: “Trek jou swaard+ en deurboor my daarmee, sodat hierdie onbesnede+ manne nie kom en my beslis deurboor en my smadelik behandel nie.” En sy wapendraer wou nie,+ omdat hy baie bang was. Daarop het Saul die swaard geneem en daarop geval.+