14 En nou sal jou koninkryk nie standhou nie.+ Jehovah sal beslis vir hom ’n man na sy hart vind;+ en Jehovah sal hom as ’n leier+ oor sy volk aanstel, omdat jy nie onderhou het wat Jehovah jou beveel het nie.”+
28 Hierop het Samuel vir hom gesê: “Jehovah het vandag die koninklike heerskappy oor Israel van jou afgeskeur,+ en hy sal dit beslis aan jou medemens gee wat beter is as jy.+
16Uiteindelik het Jehovah vir Samuel gesê: “Hoe lank sal jy oor Saul treur,+ terwyl ek hom daarenteen verwerp het om as koning oor Israel te heers?+ Vul jou horing met olie+ en gaan. Ek sal jou na Isai,+ die Betlehemiet, stuur, want ek het onder sy seuns vir my ’n koning uitgesoek.”+
12 Toe het hy gestuur en hom laat kom. En hy was rooierig,+ ’n jong man met pragtige oë en ’n aantreklike voorkoms. Toe het Jehovah gesê: “Staan op, salf hom, want dit is hy!”+
22 En nadat hy hom afgesit het,+ het hy vir hulle Dawid as koning verwek,+ aangaande wie hy getuig en gesê het: ‘Ek het Dawid, die seun van Isai,+ gevind, ’n man na my hart,+ wat alles sal doen wat ek begeer.’+