3 dan sal Jehovah jou God jou gevangenes terugbring+ en aan jou barmhartigheid bewys+ en jou weer bymekaarmaak uit al die volke waarheen Jehovah jou God jou verstrooi het.+
16 En daar sal ’n grootpad+ uit Assiʹrië wees vir die oorblyfsel+ van sy volk wat sal oorbly,+ net soos daar een was vir Israel die dag toe hulle uit Egipteland opgetrek het.
4 “Slaan jou oë rondom op en kyk! Hulle is almal bymekaargebring;+ hulle het na jou toe gekom.+ Van ver af bly jou seuns kom en jou dogters wat op die heup versorg sal word.+
31 En hy sal sy engele uitstuur met ’n harde trompetgeskal,+ en hulle sal sy uitverkorenes+ bymekaarmaak uit die vier windstreke,+ van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.