3 dan sal Jehovah jou God jou gevangenes terugbring+ en aan jou barmhartigheid bewys+ en jou weer bymekaarmaak uit al die volke waarheen Jehovah jou God jou verstrooi het.+
19 En ek sal Israel na sy weiveld terugbring,+ en hy sal beslis op die Karmel+ en in Basan+ wei; en in die bergstreek van Eʹfraim+ en van Gilead+ sal sy siel versadig word.’”
13 En ek sal hulle uit die volke uitlei+ en hulle uit die lande bymekaarmaak en hulle in hulle land bring+ en hulle op die berge van Israel laat wei, by die stroombeddings en by al die woonplekke van die land.+
14 Op ’n goeie weiveld sal ek hulle laat wei, en op Israel se hoë berge sal hulle woonplek wees.+ Daar sal hulle in ’n goeie woonplek gaan lê,+ en op ’n vet weiveld sal hulle op die berge van Israel wei.”
12 “‘Ek sal Jakob beslis versamel, almal in jou;+ ek sal die oorblywendes van Israel vir seker bymekaarbring.+ In eenheid sal ek hulle stel, soos skape in die kraal, soos ’n kudde in sy weiveld;+ dit sal rumoerig wees van mense.’+