13 Hierop het ek gesê: “Ag, o Soewereine Heer Jehovah! Kyk, die profete sê vir hulle: ‘Julle sal geen swaard sien nie, en geen hongersnood sal oor julle kom nie, maar ware vrede sal ek julle in hierdie plek gee.’”+
17 Hulle sê keer op keer vir dié wat my minag: ‘Jehovah het gespreek: “Vrede sal julle hê.”’+ En vir elkeen wat in die wederstrewigheid van sy hart wandel,+ het hulle gesê: ‘Geen rampspoed sal oor julle kom nie.’+
10 omdat, ja, omdat hulle my volk op ’n dwaalspoor gebring het deur te sê: “Daar is vrede!” terwyl daar geen vrede is nie,+ en ’n skeidsmuur word gebou, maar tevergeefs+ pleister hulle dit met witkalk.’+
3 Wanneer hulle+ ook al sê: “Vrede+ en veiligheid!” dan sal skielike vernietiging+ oombliklik oor hulle kom net soos die barenswee oor ’n swanger vrou;+ en hulle sal hoegenaamd nie ontkom nie.+