6 Dié dag het ek vir hulle my hand in ’n eed opgehef+ om hulle uit Egipteland uit te lei na ’n land wat ek vir hulle verken het, wat oorloop van melk en heuning.+ Dit was die sieraad van al die lande.+
9 En uit een van hulle het ’n ander horing voortgekom, ’n kleintjie,+ en hy het baie groter geword na die suide en na die sonsopgang en na die Sieraad+ toe.
41 Hy sal ook in die Sieraadland+ ingaan,+ en baie lande sal struikel.+ Maar dié sal uit sy hand ontkom: Edom en Moab+ en die vernaamste deel van die kinders van Ammon.
45 En hy sal sy paleistente tussen die groot see en die heilige Sieraadberg+ opslaan; en hy sal geheel en al tot sy einde moet kom,+ en daar sal vir hom geen helper wees nie.+