8 En daar sal beslis ’n grootpad+ wees, ja, ’n weg; en dit sal die Weg van Heiligheid genoem word.+ Die onreine sal nie daarop trek nie.+ En dit sal wees vir die een wat op die weg wandel, en geen dwase sal daarop ronddwaal nie.
18 “Van geweld sal daar nie meer in jou land gehoor word nie, van geen plundering en verbreking binne jou grense nie.+ En jy sal beslis jou mure Redding+ noem en jou poorte Lof.
15 “Kyk! Op die berge die voete van iemand wat goeie nuus bring, wat vrede verkondig.+ O Juda, vier jou feeste.+ Betaal jou geloftes;+ want geen deugniet sal ooit weer deur jou trek nie.+ Hy sal beslis heeltemal uitgeroei word.”+
21 En elke wyebekkookpot in Jerusalem en in Juda moet iets heiligs word wat aan Jehovah van die leërs behoort, en almal wat offerandes bring, moet inkom en daarvan neem en daarin kook.+ En in dié dag sal daar geen Kanaäniet+ meer in die huis van Jehovah van die leërs wees nie.”+
27 Maar enigiets wat nie heilig is nie en enigeen wat iets walgliks+ en ’n leuen+ beoefen, sal daar hoegenaamd nie ingaan nie;+ net dié wat in die Lam se boekrol van die lewe geskrywe staan.+