4 En hy sal beslis oordeel tussen die nasies+ en sake regstel+ met betrekking tot baie volke.+ En hulle sal van hulle swaarde ploegskare moet smee en van hulle spiese snoeimesse.+ Nasie sal nie teen nasie die swaard ophef nie, en ook sal hulle nie meer leer om oorlog te voer nie.+
9 Hulle sal geen kwaad doen+ of enige verderf aanrig op my hele heilige berg nie;+ want die aarde sal beslis vol wees van die kennis van Jehovah soos die waters die see bedek.+
14 Jy sal stewig bevestig wees in regverdigheid.+ Jy sal ver wees van onderdrukking+—want jy sal niemand vrees nie—en van enigiets skrikwekkends, want dit sal nie naby jou kom nie.+
8 En ek sal kamp opslaan as ’n voorpos vir my huis,+ sodat niemand sal deurtrek en niemand sal terugkeer nie; en ’n taakgewer sal nie meer deur hulle trek nie,+ want nou het ek dit met my oë gesien.+