10 Maar dit het Jehovah behaag om hom te verbrysel;+ hy het hom siek gemaak.+ As u sy siel ’n skuldoffer maak,+ sal hy sy nageslag sien,+ sal hy sy dae verleng+ en sal die welbehae+ van Jehovah in sy hand slaag.+
44 En hy het vir hulle gesê: “Dít is my woorde wat ek tot julle gespreek het terwyl ek nog by julle was,+ dat al die dinge wat in die wet van Moses en in die Profete+ en Psalms+ oor my geskrywe staan, vervul moet word.”
23 hierdie man, wat volgens die vasgestelde voorneme en voorkennis van God oorgelewer is,+ het julle deur die hand van wettelose mense aan ’n paal vasgemaak en om die lewe gebring.+