Psalms
’n Lied van die opgange.
129 “Van my jong dae af het hulle my heeltyd aangeval”+
– laat Israel dan sê –
2 “Van my jong dae af het hulle my heeltyd aangeval,+
maar hulle het my nie oorwin nie.+
3 Manne het oor my rug geploeg.+
Hulle het lang ploegvore gemaak.”
Hy het die toue van die goddeloses stukkend gesny.+
6 Hulle sal soos gras bo-op die dakke word,
wat verlep voordat dit uitgetrek is,
7 wat nie die hand kan vul van die een wat oes nie,
en ook nie die arms van die een wat graanbondels insamel nie.
8 Geen verbyganger sal sê:
“Mag die seën van Jehovah op julle wees.
Ons seën julle in die naam van Jehovah.”