Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g91 1/8 bl. 31
  • ’n Verwoestende oorstroming in Australië

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Verwoestende oorstroming in Australië
  • Ontwaak!—1991
  • Soortgelyke materiaal
  • Liefde in aksie—’n Maraton-noodlenigingspoging
    Ontwaak!—2002
  • Iets wat geen storm kon wegspoel nie
    Ontwaak!—2003
  • Daar is oral helpende hande
    Ontwaak!—2001
  • Liefde lei tot ’n hegter band van eenheid
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
Sien nog
Ontwaak!—1991
g91 1/8 bl. 31

’n Verwoestende oorstroming in Australië

STEL jou ’n vloed voor wat ’n gebied so groot soos Groot-Brittanje, Frankryk en Duitsland saam oorstroom. Dit is presies wat verlede jaar in Queensland, Australië, gebeur het. Charleville, ’n dorp naby die middel van die rampgebied, moes ontruim word. Drieduisend inwoners het in tente op die hoogliggende terrein van die plaaslike lughawe saamgebondel. Party moes met ’n helikopter van huise se dakke af gered word.

’n Klein groepie van 35 mense wat met die Charleville-gemeente van Jehovah se Getuies assosieer, het skuiling gesoek by ’n Getuie wie se eiendom tien kilometer buite die dorp op ’n hoogliggende gebied geleë is. Dit het die basis geword vir bedrywighede om diegene wat dakloos gelaat is te help.

Die Getuies het vinnig begin om hulp te organiseer. In Dalby, 550 kilometer daarvandaan, is ’n span vrywilligers saamgestel om die oorstroomde huise skoon te maak. In Roma, 270 kilometer daarvandaan, het die Getuies kos en ander noodvoorrade soos komberse en klere bymekaargemaak. Na ’n lugverkenningstog om die omvang van die skade te bepaal, het vrywilligers ingestroom—meer as honderd.

Volgens hulle was die rampgebied “onbeskryflik”. Alles was vyf sentimeter onder slyk en slik begrawe. Gebreekte meubels het in die vertrekke rondgelê, matte was geruïneer, elektriese toebehore was onder water en motors het onderstebo gelê. Die stank van verrottende voedsel, deurweekte hout en puin het oral in die lug gehang.

Die vrywilligers het aan die werk gespring. Teen Saterdag, 28 April, net meer as ’n week na die oorstroming, was die huise en erwe van die Charleville-Getuies skoon en netjies. Meer as net skoonmaak was egter nodig. Die spanne vrywilligers het begin om die kragtoevoer na die huise weer aan te lê en om motors en huishoudelike toerusting te herstel. Matlêers het nuwe matte gelê; kabinetmakers het nuwe kaste gebou en ingesit; skrynwerkers, verwers en loodgieters het herstelwerk gedoen.

Die eindresultaat: Twee weke na die oorstroming was al die Getuies terug in hulle opgeknapte huise. Die vrywilligers het egter nie hulle pogings tot mede-Getuies beperk nie. Toe een span die huis van ’n Katoliek skoongemaak het, het hy herhaaldelik sy verbasing uitgespreek.

In Brisbane is die Getuies oor die radio lof toegeswaai vir hulle werk gedurende die oorstroming. En in Charleville was baie van die dorpsmense verbaas om te sien hoe vinnig die Getuies opgetree het. Iemand het een man wat hulle voorheen teengestaan het, hoor sê: “En dan het ons die vermetelheid om hulle by ons deure weg te wys.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel