Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 11/06 bl. 27
  • Ons beskou die wêreld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons beskou die wêreld
  • Ontwaak!—2006
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Gletsers vloei vinniger
  • Kerke vereer Darwin
  • Onbeskoftheid by die werk
  • Rommel in die oseaan
  • Is dryfnetvissery besig om te verdwyn?
    Ontwaak!—1992
  • Ons beskou die wêreld
    Ontwaak!—2006
  • Ons beskou die wêreld
    Ontwaak!—2003
  • Die aarde se verdwynende natuurlewe
    Ontwaak!—1997
Sien nog
Ontwaak!—2006
g 11/06 bl. 27

Ons beskou die wêreld

◼ Daar is elke dag wêreldwyd 5,7 miljoen pogings om Internetgebruikers te beroof.—MAGAZINE, SPANJE.

◼ “Die selfmoordsyfer in Japan was in 2005 vir die agtste opeenvolgende jaar hoër as 30 000.” Japan het een van die hoogste selfmoordsyfers ter wêreld.—MAINICHI DAILY NEWS, JAPAN.

◼ “Oor die afgelope 500 jaar het mensebedrywighede daartoe gelei dat 844 spesies uitsterf (of in die natuur uitsterf).”—IUCN, WÊRELDBEWARINGSUNIE, SWITSERLAND.

◼ Volgens regeringstatistiek is 6 persent van Britte—mans en vroue—homoseksueel. Wetgewing wat in 2005 aangeneem is, “laat mense van dieselfde geslag toe om te ‘trou’” en dit gee aan hulle soortgelyke regte as dié van heteroseksuele getroude paartjies.—THE DAILY TELEGRAPH, ENGELAND.

Gletsers vloei vinniger

“Etlike groot gletsers wat van die Groenlandse Ysplaat afloop, beweeg al hoe vinniger”, berig die tydskrif Science. Satellietwaarnemings dui aan dat die snelheid van etlike gletsers in Groenland oor die afgelope vyf jaar min of meer verdubbel het en meer as 12 kilometer per jaar bereik het. Oor die afgelope tien jaar het die netto verlies van ysmassa van meer as 90 kubieke kilometer per jaar toegeneem tot 220 kubieke kilometer per jaar. Wetenskaplikes meen dus dat “huidige skattings van toekomstige stygings in die seevlak te laag is”.

Kerke vereer Darwin

In Februarie 2006 het nagenoeg 450 “Christelike” kerke in die Verenigde State Charles Darwin se 197ste verjaarsdag gevier. Tydens die geleentheid was daar “programme en preke wat saamgestel is om te toon dat sy teorie van biologiese evolusie versoenbaar is met geloof en dat Christene glad nie hoef te kies tussen godsdiens en die wetenskap nie”. Volgens die Chicago Tribune het Michael Zimmerman, ’n bioloog en dekaan van die Kollege van Letterkunde en Wetenskappe by die Universiteit van Wisconsin-Oshkosh, wat die vieringe gereël het, gesê: “Jy hoef nie daardie keuse te maak nie. Jy kan albei hê.”

Onbeskoftheid by die werk

“Onbeskoftheid by die werk kan ’n organisasie tyd, moeite en talent kos”, sê The Wall Street Journal. In ’n opname wat onder bykans 3 000 mense gedoen is, is daar bevind dat meer as 90 persent “ongemanierdheid by die werk ondervind het”. Die helfte van hierdie mense het gesê dat hulle “werktyd verloor het omdat hulle oor die voorval getob het”, “25 persent het minder by die werk begin doen” en 1 uit 8 het bedank. Volgens Christine Porath, ’n professor in die bestuurswetenskap aan die Universiteit van Suid-Kalifornië, “kan werkers wat lyf wegsteek, afwesig is en selfs steel alles tekens wees dat ’n organisasie met onbeskoftheid sukkel”, sê die Journal.

Rommel in die oseaan

Vroeg in 2006 het ’n groot klomp oseaniese rommel “suidwaarts in die waters van Hawaii ingedryf, wat hope ou visvanggereedskap en plastiekrommel op die eiland se strande laat beland het”, berig The Honolulu Advertiser. Seestrome stoot baie van die drywende rommel in die noordelike deel van die Stille Oseaan na ’n kalm deel van die see, maar onder sekere atmosferiese toestande word die rommel na Hawaii gevoer. In 2005 “is meer as 2 000 stukke rommel gevind”, en meer as 100 visnette. Die rommel hou ’n gevaar vir seelewe in. Charles Moore, die stigter van die Algalita-stigting vir Mariene Navorsing, sê: “Daar is nie meer iets soos organiese vis in die oseaan nie. Hulle eet almal stukkies plastiek.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel