Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 10/12 bl. 3
  • Raak gemotiveerd

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Raak gemotiveerd
  • Ontwaak!—2012
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat as ek nie van skool hou nie?
    Jongmense vra
  • Kry die meeste voordeel uit die skool
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Waarom moet ek hard leer op skool?
    Ontwaak!—1992
  • Moet ek skool verlaat?
    Ontwaak!—2010
Sien nog
Ontwaak!—2012
g 10/12 bl. 3

Raak gemotiveerd

’n Student stap skool toe

Om gemotiveerd te wees in enige strewe, moet jy die praktiese waarde daarvan besef.

WATTER praktiese waarde het skoolopleiding? Wel, dit sal jou help om wysheid te verkry, en die Bybel sê: “Wysheid dien as ’n beskerming” (Prediker 7:12). Hoe so? Ter toeligting: Stel jou voor dat jy deur ’n gevaarlike buurt loop. Wat sou jy verkies—om alleen te loop of saam met ’n groep vriende wat jou kan beskerm indien nodig? As jy ’n goeie opvoeding het, het jy altyd talle sterk “vriende” aan jou sy. Dit sluit in:

  • Denkvermoë. Skoolopleiding kan jou help om te ontwikkel wat die Bybel “gesonde verstand en goeie oordeel” noem (Spreuke 3:21, Contemporary English Version). As jy hierdie vermoëns aanleer, sal dit jou help om probleme self op te los en om nie altyd op ander staat te maak om dit vir jou te doen nie.

  • Sosiale vaardighede. Die Bybel spoor Christene aan om eienskappe soos lankmoedigheid en selfbeheersing aan te kweek (Galasiërs 5:22, 23). Aangesien jy op skool met ’n verskeidenheid mense te doen het, het jy baie geleenthede om hierdie eienskappe aan te kweek, tesame met verdraagsaamheid, respek en empatie—eienskappe wat jou tot voordeel sal strek wanneer jy volwasse is.

  • Praktiese opleiding. Skool kan jou die waarde van ’n goeie werketiek leer, wat jou sal help om werk te kry en dit te behou. En hoe meer jy leer omtrent die wêreld om jou, hoe makliker sal dit wees om te weet wie jy is en wat jy glo (Spreuke 14:15). En dít sal jou help om jou oortuigings te verdedig op ’n respekvolle manier.—1 Petrus 3:15.

Die slotsom: Aangesien jy skoolopleiding moet kry, sal dit jou beslis nie help om te tob oor die dinge op skool waarvan jy nie hou nie. Raak eerder gemotiveerd deur na te dink oor die voordele wat hierbo genoem word. Jy sal moontlik selfs aan nog ’n paar voordele kan dink!

Maak ’n begin! Dink na oor wat vir jou die hoofrede is om suksesvol te wees op skool.

Goeie onderwysers word waardeer!

“My ekonomieonderwyser op hoërskool kon by ’n finansiële instelling gewerk het, maar hy het verkies om onderwys te gee by ons hoërskool in die middestad, waar die meeste kinders nie in ekonomie belanggestel het nie. Nogtans het hy die vak met eenvoud en humor geleer, en op ’n manier wat vir ons interessant was. Eenkeer het hy selfs my ma gebel om vir haar te sê hoe goed een van my opstelle was. Wanneer leerders hom gevra het waarom hy by ons skool onderrig, het hy gesê dat dit die beste plek is waar hy nog gewerk het. Hy het ons verstaan, was besorg oor ons en het ons geprys. Hy was die beste onderwyser wat ek nog ooit gehad het!”—Reyon, Verenigde State.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel