Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w84 1/15 bl. 3-4
  • Op die randjie van Armageddon

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Op die randjie van Armageddon
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Waarom daar ’n oorlog moet wees
  • Armageddon—wanneer?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Armageddon—Wat dit nie is nie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Wat sê die Bybel?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2017
  • Armageddon—’n gelukkige begin
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
w84 1/15 bl. 3-4

Op die randjie van Armageddon

ONGEVEER vier en ’n half millenniums lank al is twee groot organisasies op ’n botsingskoers. Die uiteindelike botsing sal die wêreld in die vernietigendste oorlog in die geskiedenis dompel. Die Bybel noem dit “die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God”. Maar dit is moontlik beter bekend by ’n onheilspellender naam—Armageddon.a—Openbaring 16:14, 16.

Hierdie oorlog is nie van die begin af by daardie naam genoem nie. Maar die twee sade wat in Genesis 3:15 gemeld word, sal by die oorlog betrokke wees. Die gemelde vers lui: “Ek [God] sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hý sal jou die kop vermorsel, en jý sal hom in die hakskeen byt.”

Jehovah God het geleidelik geopenbaar dat die ware mag agter die slang, wat oënskynlik met die bogemelde woorde aangespreek is, ’n onsigbare geesskepsel is wat later “duiwel en Satan” genoem is (Openbaring 12:9). Sy “saad”—hemels sowel as aards—is ’n magtige organisasie wat ’n doodsgreep op die hele wêreld het (Johannes 8:44; Efesiërs 6:12; Hebreërs 2:14). Die ware “vrou” waarna Jehovah God verwys het, is sy getroue hemelse gemalinorganisasie (Galasiërs 4:26). Ook sy het ’n “saad” of kroos, en dit word die skyf van Satan die Duiwel se organisasie.

Waarom daar ’n oorlog moet wees

Deur ons eerste ouers te mislei om te dink dat hulle hulself kan regeer, het Satan die vreedsame paradys waarin die mens gelewe het, versteur (Genesis 3:1-6). Hy het te kenne gegee dat God ’n selfsugtige en onbekwame heerser is wie se wette en beginsels onnodige en wrede beperkings was. Die Soewerein van die heelal kon nie hierdie smaad wat sy naam en reputasie aangedoen is vir ewig duld nie. Indien hy dit gedoen het, sou dit hom magteloos laat lyk het, en verderf sou mettertyd dwarsdeur die ganse heelal versprei het.

God sou gevolglik om sy eie ontwil moes optree en nie toelaat dat sy naam vir ewig ontheilig word en sy universele soewereiniteit ongeregverdig bly nie. (Vergelyk Jesaja 48:11, 12.) Wanneer Satan se organisasie by Armageddon verslaan word, sal dit God se weergalose naam Jehovah reinig (Psalm 83:18, NW). En aangesien oorlog met Satan ook verskriklik baie menselewens gaan eis, sal God se oorlog Satan se aardse organisasie of stelsel vernietig. Dit sal die “groot verdrukking” wees wat Jesus in Mattheüs 24:21, 22 voorspel het en waardeur “vlees” gered gaan word. Die mens se poging om onafhanklik te wees, het reeds meegebring dat die aarde deur oorloë, besoedeling en dies meer “verderf” word. Maar Armageddon gaan “die verderwers van die aarde . . . verderf” (Openbaring 11:18). Deur van die verderwers ontslae te raak, sal God die weg vir die Paradys baan.

Maar wanneer en hoe sal God se oorlog plaasvind? Baie meen dat dit in die Midde-Ooste gaan uitbreek, veral met die oog op wat op 14 Mei 1948 daar gebeur het. Op daardie dag het Israel homself tot ’n nasie uitgeroep—die oënskynlike triomf van ’n volk wat eeue lank die slagoffers van verstrooiing, vervolging en selfs volksmoord was. En hoewel sy vastrapplek aanvanklik nie baie stewig gelyk het nie, het die nasietjie sy man meer as drie dekades lank in ’n veelbewoë Midde-Ooste gestaan. Vir baie is hedendaagse Israel se geboorte die bewys van goddelike tussenkoms en ’n gewisse teken dat Armageddon naby is.

Nie alle teoloë stem nou wel hiermee saam nie. Een Presbiteriaanse geestelike het gesê: “Myns insiens is dit ’n verkwisting van tyd om die simbole en gebeure van vandag met die [Bybel]profesieë in verband te probeer bring en dit aan spesifieke persone te probeer toeskryf.” Baie boeke, rolprente en TV-evangeliste steun nietemin die gewilde gedagte dat die Midde-Ooste die toekomstige terrein van Armageddon gaan wees.

Maar gaan Armageddon werklik in die Midde-Ooste plaasvind? Hoe gaan hierdie “oorlog van daardie groot dag van die almagtige God” in werklikheid gevoer word? Wat sal daartoe aanleiding gee? Hoe kan ’n persoon Armageddon oorlewe? En wat sal op daardie groot oorlog volg?

[Voetnoot]

a Die Hebreeuse uitdrukking “Har-Magedon” verwys in werklikheid na ’n simboliese wêreldsituasie waar die troepe vir ’n geveg vergader word. Maar in die algemene gebruik verwys dit nou na die slag self.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel