Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w94 2/15 bl. 3-4
  • Kultusse—Wat is hulle?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kultusse—Wat is hulle?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat is ’n kultus?
  • Is Jehovah se Getuies ’n kultus?
    Algemene vrae oor Jehovah se Getuies
  • Is Jehovah se Getuies ’n kultus?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Geheimhouding in die naam van die here
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Maagdelikheid—Waarom?
    Ontwaak!—1996
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
w94 2/15 bl. 3-4

Kultusse—Wat is hulle?

DIT was 28 Februarie 1993—meer as honderd geregsdienaars het ’n klopjag op ’n omheinde groep geboue uitgevoer waarin tientalle mans, vroue en kinders gewoon het. Die doel was om na onwettige wapens te soek en ’n vermeende misdadiger in hegtenis te neem. Die geregsdienaars is egter verras toe daar vanuit die geboue op hulle gevuur is. Hulle het teruggeskiet.

Tien mense is in hierdie konfrontasie dood en verskeie is gewond. In die daaropvolgende 50 dae het honderde geregsdienaars die geboue beleër met genoeg wapens om ’n klein oorlog te voer. Die dooie punt is beëindig in ’n konfrontasie waarin 86, waaronder ten minste 17 kinders, dood is.

Maar wie was die vyand? ’n Klomp bendelede wat met dwelms handel dryf? ’n Guerrillafaksie? Nee. Soos jy dalk weet, was die “vyand” ’n groep godsdiensyweraars, lede van ’n kultus. Hulle tragedie het veroorsaak dat ’n onopvallende gemeenskap op die vlaktes van sentrale Texas, VSA, die brandpunt van internasionale aandag geword het. Die nuusmedia het ’n stortvloed van berigte, analises en kommentare oor die gevare van fanatiese kultusse uitgesaai en gepubliseer.

Die publiek is aan vorige gevalle herinner waarin kultuslede deur hulle leiers na hulle dood gelei is: die Manson-moorde in 1969 in Kalifornië; die massaselfmoord in 1978 van kultuslede in Jonestown, Guiana; die moord-selfmoord-ooreenkoms in 1987 wat deur die kultusleier Park Soon-ja van Korea bewerkstellig is en tot die dood van 32 lede gelei het. Dit is betekenisvol dat die meeste van hierdie mense beweer het dat hulle Christene is en gesê het dat hulle in die Bybel glo.

Dit is verstaanbaar dat baie wat die Bybel as die Woord van God respekteer ontsteld is oor hierdie kultusse se onbeskaamde misbruik van die Skrif. Gevolglik is daar oor die jare heen honderde organisasies gestig met die doel om kultusse dop te hou en hulle gevaarlike gebruike bloot te lê. Kenners op die gebied van kultusgedrag voorspel dat die koms van ’n nuwe millennium oor ’n paar jaar ’n geweldige toename in kultusse kan veroorsaak. Een nuustydskrif het gesê dat daar volgens antikultusgroepe duisende kultusse is “wat net wag om jou liggaam in hulle mag te kry, jou verstand te beheer en jou siel te verderf. . . . Min van hulle is gewapen, maar die meeste word as gevaarlik beskou. Hulle sal jou mislei, jou jou geld en besittings ontneem, jou trou en jou begrawe.”

Wat is ’n kultus?

Die term “kultus” word losweg gebruik deur baie mense wat dalk nie ten volle begryp wat dit beteken nie. Om verwarring te voorkom, gebruik sommige teoloë liewer nie die term nie.

The World Book Encyclopedia verduidelik dat “die term kultus tradisioneel na enige vorm van aanbidding of rituele plegtigheid verwys het”. Volgens daardie maatstaf kan alle godsdiensorganisasies as kultusse geklassifiseer word. Maar die woord “kultus” het vandag oor die algemeen ’n ander betekenis. Dieselfde ensiklopedie sê dat “publisiteit oor kultusse sedert die middel van die twintigste eeu die betekenis van die term verander het. Vandag word die term toegepas op groepe wat ’n lewende leier volg wat nuwe en onortodokse leringe en gebruike bevorder.”

Die tydskrif Newsweek onderskryf die algemene gebruik van die term en verduidelik dat kultusse “gewoonlik klein, ekstremistiese groepe is waarvan die lede hulle identiteit en oogmerk van ’n enkele, charismatiese persoon verkry”. Die tydskrif Asiaweek sê eweneens dat “die term [kultus] op sigself vaag is, maar dit dui gewoonlik op ’n nuwe godsdiensleer wat om ’n charismatiese leier gebou is wat dikwels sê dat hy die verpersoonliking van God is”.

Die taal wat in ’n gesamentlike resolusie van die 100ste Kongres van die Staat Maryland, VSA, gebruik is, gee ook die slegte konnotasie van die term “kultus” weer. Die resolusie sê dat “’n kultus ’n groep of beweging is wat oordrewe toegewydheid aan ’n persoon of idee toon en oneties-manipulerende tegnieke van oorreding en beheer gebruik om die doelstellings van sy leiers te bevorder”.

Daar word klaarblyklik oor die algemeen verstaan dat kultusse godsdiensgroepe met radikale opvattings en gebruike is wat bots met wat vandag as normale sosiale gedrag aanvaar word. Hulle beoefen gewoonlik hulle godsdiensbedrywighede in die geheim. Baie van hierdie kultiese groepe sonder hulle in kommunes af. Hulle toegewydheid aan ’n selfverklaarde menseleier sal waarskynlik onvoorwaardelik en uitsluitlik wees. Hierdie leiers beroem hulle dikwels daarop dat hulle deur God uitgekies is of selfs dat hulle self ’n Goddelike wese is.

Antikultusorganisasies en die media het al van tyd tot tyd na Jehovah se Getuies as ’n kultus verwys. Etlike onlangse koerantartikels skeer die Getuies oor dieselfde kam as godsdiensgroepe wat vir hulle twyfelagtige gebruike bekend is. Maar kan ’n mens na Jehovah se Getuies as ’n klein, ekstremistiese godsdiensgroep verwys? Kultuslede sonder hulle dikwels af van vriende, familie en selfs die samelewing in die algemeen. Is dit die geval met Jehovah se Getuies? Maak die Getuies van misleidende en onetiese tegnieke gebruik om lede te werf?

Kultusleiers is daarvoor bekend dat hulle van manipulerende metodes gebruik maak om beheer oor hulle navolgers se verstand te verkry. Is daar enige getuienis dat Jehovah se Getuies dit doen? Is hulle aanbidding in geheimsinnigheid gehul? Volg en vereer hulle ’n menseleier? Kortom, is Jehovah se Getuies ’n kultus?

[Foto-erkenning op bladsy 3]

Jerry Hoefer/Fort Worth Star Telegram/Sipa Press

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel