Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w02 1/15 bl. 3-4
  • Vertrou jy op ’n God wat werklik bestaan?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vertrou jy op ’n God wat werklik bestaan?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Gode wat “nie kan verlos nie”
  • “Daar was . . . niemand wat antwoord nie”
  • Is daar net een ware God?
    Ontwaak!—2006
  • Baälaanbidding—die stryd om die Israeliete se harte
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • Keer terug tot die aanbidding van Jehovah
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
  • Hy het rein aanbidding verdedig
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
w02 1/15 bl. 3-4

Vertrou jy op ’n God wat werklik bestaan?

’n Ekspedisie wat deur die Amerikaanse Museum van Natuurgeskiedenis gelas is, was op pad om ’n Arktiese land te ondersoek wat die ontdekkingsreisiger Robert E. Peary volgens berig sewe jaar vroeër, in 1906, gesien het.

VAN Kaap Colgate af in die verre noordwestelike deel van Noord-Amerika het Peary iets gesien wat gelyk het na die wit bergspitse van ’n land in die verte. Hy het dit Crocker Land genoem, na die naam van een van sy borge. Hoe opgewonde moes die lede van die opvolgekspedisie tog nie gewees het toe hulle die heuwels, valleie en sneeubedekte pieke van ’n gebied voor hulle vlugtig sien nie! Maar hulle het gou besef dat hulle na niks anders as ’n Arktiese lugspieëling kyk nie. Dit is hierdie bedrieglike lugspieëling wat Peary gesien het, en nou het hulle tyd, energie en geld bestee om iets te gaan ondersoek wat nie werklik bestaan nie.

Vandag bestee baie mense tyd daaraan om gode te vereer wat hulle glo werklik bestaan. In die dae van Jesus se apostels is gode soos Hermes en Zeus aanbid (Handelinge 14:11, 12). Vandag word miljoene gode deur die aanhangers van Sjintoïsme, Hindoeïsme en ander godsdienste van die wêreld aanbid. Ja, “daar [is] baie ‘gode’ en baie ‘here’”, soos die Bybel sê (1 Korintiërs 8:5, 6). Kan al hierdie gode werklik bestaan?

Gode wat “nie kan verlos nie”

Dink byvoorbeeld aan beelde of simbole wat in aanbidding gebruik word. Vir diegene wat op afgode vertrou of deur hulle bid, lyk dit of hierdie afgode redders met bomenslike kragte is wat mense kan beloon of uit gevaar kan red. Maar kan hulle mense werklik verlos? Die psalmis het in ’n lied oor hierdie voorwerpe gesê: “Die afgode van die heidene is silwer en goud, ’n werk van mensehande. Hulle het ’n mond, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie; ore het hulle, maar hoor nie; ook is daar geen asem in hulle mond nie.” Ja, hulle is gode wat “nie kan verlos nie”.—Psalm 135:15-17; Jesaja 45:20.

Dié wat afgode maak, skryf moontlik lewe en krag aan die werk van hulle hande toe. En dié wat afgode aanbid, stel hulle vertroue daarin. “Hulle hef [’n afgod] op die skouer”, het die profeet Jesaja gesê, “hulle dra hom en sit hom op sy plek neer. Daar staan hy!” Hy het bygevoeg: “Hy wyk nie van sy plek nie; ook al roep iemand hom, hy antwoord nie; hy verlos hom nie uit sy benoudheid nie” (Jesaja 46:7). Die waarheid is dat ’n afgod leweloos bly, ongeag hoe vurig die geloof mag wees van dié wat daarop vertrou. Sulke gesnede en gegote beelde is “waardelose gode”.—Habakuk 2:18, NW.

Dit is vandag ook iets algemeens vir mense om vermaaklikheidspersoonlikhede, sportsterre, politieke stelsels en sekere godsdiensleiers te verafgod of te vereer. Daarbenewens is geld vir baie ’n god. Hierdie afgode word altyd voorgestel as iets wat hulle in werklikheid nie is nie. Hulle voorsien nie alles waarop diegene hoop wat in hulle glo nie, en hulle is ook nie in staat om dit te voorsien nie. Dit kan byvoorbeeld lyk of rykdom baie van ’n mens se probleme sal oplos, maar die krag van rykdom is bedrieglik (Markus 4:19). ’n Navorser het gevra: “Hoe verklaar ’n mens die feit dat iets wat soveel mense so vurig begeer en wat hulle glo ’n soort wondermiddel is, ’n verskeidenheid gevolge het wat wissel van die teleurstellende tot die traumatiese wanneer dit wel verkry word?” Ja, die najaging van rykdom kan daartoe lei dat iemand dinge opoffer wat werklik waardevol is, soos goeie gesondheid, ’n bevredigende gesinslewe, intieme vriendskappe of ’n kosbare verhouding met die Skepper. Sy god is op die ou end niks meer as ’n ‘nietige afgod’ nie!—Jona 2:8.

“Daar was . . . niemand wat antwoord nie”

Dit is dwaas om iets wat nie werklik bestaan nie, as werklik te beskou. Aanbidders van die god Baäl het dit in die profeet Elia se dag deur bittere ervaring geleer. Hulle het vas geglo dat Baäl die mag het om vuur uit die hemel te laat neerdaal en ’n diereoffer te verteer. Trouens, hulle het “die naam van Baäl van die môre tot die middag aangeroep en gesê: o Baäl, gee ons antwoord!” Het Baäl ore gehad wat kon hoor en ’n mond wat kon praat? Die verslag sê verder: “Daar was geen stem en niemand wat antwoord nie.” Daar was beslis “geen opmerksaamheid nie” (1 Konings 18:26, 29). Baäl het nie werklik bestaan nie en was nie lewend of bedrywig nie.

Hoe belangrik is dit tog dat ons ’n God wat werklik bestaan, leer ken en aanbid! Maar wie is hy? En hoe kan ons daarby baat vind as ons op hom vertrou?

[Prente op bladsy 3]

Peary se metgesel Egingwah bespied die horison op soek na land

Robert E. Peary

[Erkennings]

Egingwah: From the book The North Pole: Its Discovery in 1909 Under the Auspices of the Peary Arctic Club, 1910; Robert E. Peary: NOAA

[Prente op bladsy 4]

Baie word bedrieg deur die dinge wat in hierdie wêreld verafgod word

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel