Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w03 4/15 bl. 3-4
  • Geestelike waardes—Wat word daarvan?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Geestelike waardes—Wat word daarvan?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Minder betrokkenheid by godsdiens
  • Krisis in sedelike waardes
  • ’n Godsdiensmengelmoes
  • Waar Is die gelowiges?
    Ontwaak!—1996
  • ’n Veranderende kerk in Frankryk
    Ontwaak!—1993
  • Hoeveel stel jongmense in godsdiens belang?
    Ontwaak!—1998
  • Veranderende norme met die verloop van die geskiedenis
    Ontwaak!—1990
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
w03 4/15 bl. 3-4

Geestelike waardes—Wat word daarvan?

“Vyftien paartjies woon ’n [Katolieke] aandsessie by waar huweliksvoorligting gegee word. Van die 30 persone wat teenwoordig is, is daar net 3 wat sê dat hulle geloof het.”—La Croix, ’n Franse Katolieke dagblad.

GODSDIENSWAARDES ondervind ’n krisis. Die internasionale uitgawe van Newsweek het op die voorblad van sy nommer van 12 Julie 1999 gevra: “Is God dood?” Die tydskrif se antwoord was dat dit in die westelike deel van Europa beslis so voorkom. In ’n berig oor die sinode van die Katolieke Kerk wat in Oktober van daardie selfde jaar in Rome gehou is, het die Franse koerant Le Monde gesê: “Die Kerk vind dit moeiliker as ooit tevore om sy boodskap oor te dra in ’n kultuur wat ‘allergies’ daarvoor geraak het. . . . In Italië is Katolisisme nie meer ’n eenvormige blok nie. . . . In Duitsland laat die geskil oor voorligtingsentrums vir vroue wat aborsie oorweeg, die kloof groter word tussen die pous en ’n demokrasie wat nie bereid is om langer voorgeskryf te word nie. [Nederland se] gewaagde standpunt oor sedes en genadedood word reeds deur sommige waarnemers toegeskryf aan sy skielike ontkerstening.”

Elders is die situasie baie dieselfde. In 1999 het die aartsbiskop van Kantelberg, George Carey, gewaarsku dat die Anglikaanse Kerk “een geslag van uitsterwing af” is. In ’n artikel met die titel “Die einde van Christelike Europa” het die Franse koerant Le Figaro gesê: “Dieselfde patroon kan oral gesien word. . . . Mense is stelselmatig besig om etiese en leerstellige standpunte te bevraagteken.”

Minder betrokkenheid by godsdiens

In Europa neem kerke se bywoningsyfers skerp af. Minder as 10 persent van Franse Katolieke woon elke Sondag die mis by, terwyl slegs 3 tot 4 persent van die Katolieke in Parys gereeld kerk toe gaan. Soortgelyke of selfs laer bywoningsyfers is in die Verenigde Koninkryk, Duitsland en die Skandinawiese lande opgemerk.

Iets waaroor godsdiensowerhede baie besorg is, is die tekort aan kandidate vir die priesterdom. In minder as ’n eeu het die getal priesters in Frankryk drasties afgeneem, van 14 priesters per 10 000 inwoners tot minder as 1 per 10 000 vandag. Regdeur Europa word die gemiddelde ouderdom van priesters al hoe hoër, en selfs in lande soos Ierland en België word daar ’n tekort ondervind. Terselfdertyd word al hoe minder kinders vir katkisasieklasse ingeskryf, wat ernstige twyfel laat ontstaan oor die Katolieke Kerk se vermoë om sy vernuwing te verseker.

Dit lyk of vertroue in godsdiens iets van die verlede is. Slegs 6 persent van die Franse bevolking glo dat “die waarheid net in een godsdiens gevind kan word”, in vergelyking met 15 persent in 1981 en 50 persent in 1952. Godsdiensonverskilligheid is aan die toeneem. Die aantal mense wat sê dat hulle nie aan ’n godsdiens behoort nie, het van 26 persent in 1980 tot 42 persent in 2000 toegeneem.—Les valeurs des Français—Évolutions de 1980 à 2000 (Franse waardes—Ontwikkeling van 1980 tot 2000).

Krisis in sedelike waardes

Die krisis in waardes is ook duidelik wanneer dit by sedes kom. Soos vroeër gemeld, weier baie kerkgangers om die sedelike voorskrifte van hulle kerk te aanvaar. Hulle stem nie saam met die idee dat godsdiensleiers die reg het om gedragstandaarde vas te stel nie. Dieselfde skares wat die pous se standpunt oor menseregte toejuig, weier om hom te volg wanneer sy woorde hulle privaat lewe raak. Sy standpunt oor geboortebeperking word byvoorbeeld oor die algemeen geïgnoreer, selfs deur baie Katolieke egpare.

Hierdie gesindheid raak godsdienstige sowel as niegodsdienstige mense, op alle vlakke van die samelewing. Gebruike wat uitdruklik in die Heilige Skrif veroordeel word, word geduld. Twintig jaar gelede het 45 persent van Franse burgers homoseksualiteit afgekeur. Vandag is dit vir 80 persent aanvaarbaar. Hoewel die oorgrote meerderheid ten gunste is van huwelikstrou, voel slegs 36 persent dat buite-egtelike verhoudings nooit geregverdig is nie.—Romeine 1:26, 27; 1 Korintiërs 6:9, 10; Hebreërs 13:4.

’n Godsdiensmengelmoes

In die Westerse samelewing is ’n doen-dit-self-godsdiens aan die ontwikkel, waarin elkeen hom die reg toe-eien om sy oortuigings te kies. Sekere leerstellings word aanvaar, terwyl ander verwerp word. Party noem hulleself Christene hoewel hulle in reïnkarnasie glo, en dit pla ander nie om verskeie godsdiensoortuigings tegelykertyd aan te hang nie (Prediker 9:5, 10; Esegiël 18:4, 20; Matteus 7:21; Efesiërs 4:5, 6). Die boek Les valeurs des Français het duidelik getoon dat baie gelowiges vandag so ver afwyk van die weë wat deur die kerk vasgestel is, dat geen terugkeer moontlik is nie.

Hierdie neiging tot groter godsdiensindividualisme is egter nie sonder gevaar nie. Jean Delumeau, ’n godsdiensgeskiedkundige en lid van die Institut de France, voer aan dat dit onmoontlik is vir iemand om sy eie godsdiens onafhanklik van enige gevestigde stelsel te skep. “Geloof kan nie staande bly as dit nie gewortel is in die standvastigheid van ’n spesifieke geloofsbelydenis nie.” Gesonde geestelike waardes en godsdiensgebruike moet deel wees van ’n samehangende geheel. Waar kan so ’n samehangende geheel gevind word in ’n samelewing wat voortdurend verander?

In die Bybel word ons deurgaans daaraan herinner dat dit God is wat aanvaarbare gedrags- en sedelike standaarde vasstel, hoewel hy mense die vryheid gee om dit te volg of nie. Miljoene mense regoor die wêreld erken dat hierdie boek wat al lank hooggeag word, vandag praktiese waarde het en ‘’n lamp vir hulle voet en ’n lig vir hulle pad’ is (Psalm 119:105). Hoe het hulle tot daardie slotsom gekom? Dit sal in die volgende artikel bespreek word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel