Vergaderinge om ons te help dissipels maak
WEEK WAT BEGIN MET 2 FEBRUARIE
Lied 71 (96)
12 min: Gepaste Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening en plaaslike aankondigings. Demonstreer tydskrifaanbieding en gebruik Ontwaak! van 8 Februarie. Spoor almal aan om op die tweede Saterdag van Februarie aan tydskrifwerk deel te neem.
18 min: “Bied steeds intekeninge op Die Wagtoring aan.” Vraag-en-antwoordbespreking met demonstrasie. Vra om gedagtes en of ondervindinge oor die aanbieding van intekeninge by mense wat reeds weet dat ons Jehovah se Getuies is, wanneer paragraaf 2 bespreek word. Vra, wanneer paragraaf 3 bespreek word, waarom ‘Onderwerp vir gesprekke’ gepas is. Laat ervare, goed voorbereide verkondiger gebruik van ‘Onderwerp vir gesprekke’ en intekeningaanbod demonstreer deur Die Wagtoring van 15 Februarie te gebruik. Soos tyd toelaat, vra gehoor waarom aanbieding doeltreffend moet wees. Moedig almal aan om ‘Onderwerp vir gesprekke’ te leer, te oefen en te gebruik. Wees positief wanneer intekening aangebied word. Moenie vergeet om te alle tye intekeningstrokies byderhand te hê nie. Jehovah se gees kan huisbewoner beweeg om in te teken. Wanneer intekening van die hand gewys word of die huisbewoner besig is, kan twee tydskrifte en ’n eksemplaar van die brosjure “Laat u Naam geheilig word” teen ’n bydrae van R1.10 aangebied word.
15 min: “Waarom weifel? Luister en gehoorsaam!” Bemoedigende toespraak aan gemeente (wAF84 15/5 bl. 8-10). Redeneer met gehoor oor hedendaagse toepassing van materiaal. Moedig almal aan om hierdie naweek aan die predikingswerk van huis tot huis deel te neem.
Lied 187 (93) en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET9 FEBRUARIE
Lied 46 (20)
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. “Reeks toesprake oor nuwe Skepping-boek.”
20 min: “Toon waardering vir die pionierdiens.” Dek met behulp van vrae en antwoorde en voer daarna ’n onderhoud van vyf minute met gewone of hulppioniers wat deur gesinslede (of ander) gehelp is om aan die pionierdiens deel te neem. Hoe is hulle gehelp? Wat het hulle bemoedig en versterk? Wat het hulle self gedoen om hulle eie voorneme te versterk om in die pionierdiens te volhard en met Jehovah se hulp ’n sukses daarvan te maak? Spoor ten slotte almal wat kan aan om in Maart (wat vyf naweke het) en April as hulppioniers te dien.
15 min: “Bied die goeie nuus aan —Deur intekeninge tydens herbesoeke aan te bied.” Dek aan die hand van vrae en antwoorde. Hou ook twee afsonderlike en kort demonstrasies oor twee van die punte wat in paragrawe 2-6 gedek word. Kies twee wat die algemeenste in julle gebied sal wees.
Lied 34 (8) en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 16 FEBRUARIE
Lied 5 (30)
13 min: Plaaslike aankondigings. Vra gehoor watter artikel hulle sal gebruik wanneer hulle Ontwaak! van 22 Februarie aanbied en hoekom. Laat ’n bekwame verkondiger dan ’n huis-tot-huisaanbieding van 60 sekondes demonstreer waartydens hierdie nommer van Ontwaak! gebruik word. Vra gehoor waarom hulle dink aanbieding doeltreffend was. Spoor almal aan om op die vierde Saterdag van die maand aan tydskrifwerk deel te neem.
15 min: Plaaslike behoeftes. Of toespraak gebaseer op artikel “Hoe ware geloof jou kan help” in Die Wagtoring van 15 Oktober 1985.
17 min: “Doen pligsgetrou herbesoeke.” Vrae en antwoorde met plaaslike toepassing. Neem plaaslike situasies in ag wanneer paragrawe 5 en 6 bespreek word en gee praktiese wenke en aanmoediging.
Lied 30 (63) en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 23 FEBRUARIE
Lied 196(3)
15 min: Plaaslike aankondigings. Hersien reëlings vir Gedenkmaalviering. Lewer kommentaar oor hoe belangstellendes aangemoedig kan word om dit by te woon. Spoor broers aan om nou belangstellendes te begin nooi. Dek artikel “Help ander om ware vrede en veiligheid te vind” aan die hand van vrae en antwoorde. Ons sal die Ware vrede-boek in April aanbied.
15 min: Word aangemoedig deur rapporte in Yearbook vir 1986. Lewendige toespraak wat broers aanmoedig om goed gebruik te maak van nuwe Yearbook. Stel voor dat Yearbook, indien prakties, as gesin gelees moet word. Almal word aangemoedig as hulle blyke van Jehovah se seën op sy georganiseerde volk sien.
15 min: Bied die nuwe Skepping-boek gedurende Maart aan. Vra twee of drie pioniers of ander ervare verkondigers hoe hulle die boek sal aanbied. Laat voorbereide verkondiger ’n kort demonstrasie hou. Spoor almal aan om die eerste Sondag in Maart velddiens te doen. Kondig die titel van die eerste toespraak oor Skepping-boek vir hierdie Sondag aan. Herinner almal daaraan om hulle persoonlike eksemplaar van boek saam te bring vir gebruik soos deur spreker aangedui.
Lied 32 (10) en slotgebed.