Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/86 bl. 1-4
  • Ware vrede en veiligheid

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ware vrede en veiligheid
  • Ons Koninkryksbediening—1986
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • BEREI VOOR OM DIE BOEK AAN TE BIED
  • Help ander om ware vrede en veiligheid te vind
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Verkondig ware vrede en veiligheid
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • Laat almal hoor dat wêreldveiligheid ophande is
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Vrede en veiligheid —’n betroubare hoop
    Ons Koninkryksbediening—1986
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1986
km 3/86 bl. 1-4

Ware vrede en veiligheid

1 Daar is by ons “Handhawers van onkreukbaarheid”-Byeenkoms aangekondig dat die boek Ware vrede en veiligheid​—Hoe kan jy dit vind? in April en Mei in velddiens gebruik sal word. Sodoende sal daar aardwyd ’n lofkreet aan Jehovah, “die God van vrede”, en sy Seun, die “Vredevors”, opgaan.​—Rom. 15:33; Jes. 9:5.

2 Hoe gepas is dit tog dat ons hierdie publikasie gedurende die “Internasionale Vredesjaar” wat deur die Verenigde Volke uitgeroep is, kan aanbied! Talle mense dink aan vrede en veiligheid. Party verwag dat die Verenigde Volke dit gaan bring. Maar Jehovah se knegte weet dat God se Koninkryk in die hande van Christus Jesus die instrument is wat Jehovah sal gebruik om ware vrede en veiligheid te bring.

3 Moenie die woordjie van waarskuwing vergeet wat by die byeenkoms aankondiging ingesluit is nie. Ons gee nie te kenne dat die VV-deklarasie vir 1986 die vervulling van 1 Thessalonicense 5:3 is nie wat sê: “Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid —dan oorval ’n skielike verderf hulle.” Ons weet nie hoe lank Jehovah die nasies sal toelaat om hulle vir vrede en veiligheid te beywer nie; dit kan egter ’n betekenisvolle voorloper van verdere ontwikkelings wees namate ons die “groot verdrukking” nader.​—Matt. 24:21.

BEREI VOOR OM DIE BOEK AAN TE BIED

4 Ons moet dele van die Ware vrede-boek lees voor die kampanje in April begin sodat ons met die breë trekke vertroud kan raak. As ons die materiaal in die eerste twee hoofstukke lees, sal ons ongetwyfeld etlike uitstekende punte kry om te gebruik wanneer ons die boek in April en Mei aanbied.

5 Nadat ons die ‘Onderwerp vir gesprekke’ met ’n huisbewoner bespreek het, kan ons sê: “Hierdie gelukkige toekoms, wanneer daar ware vrede en veiligheid sal wees, is baie naby. Ek het ’n tydige publikasie oor daardie onderwerp. Kyk na die kommentaar in die eerste paragraaf van die boek.” Ons kan paragraaf 1 lees en dan voortgaan deur te sê: “Die illustrasie hier aan die begin van hoofstuk 1 gee ’n kunstenaarsvoorstelling van hoe die aardse Paradys sal lyk. Sal u nie graag saam met u dierbares in so ’n vreedsame en veilige omgewing wil lewe nie? [Laat huisbewoner kommentaar lewer.] Hierdie publikasie sal u help om te sien hoe u sulke vrede en veiligheid kan vind, en ek bied dit vir u aan teen ’n bydrae van slegs R1.80.”

6 In ’n ander aanbieding kan ons, nadat ons Openbaring 21:3, 4 gelees het, na bladsy 19 blaai en sê: “Daar is ’n interessante paragraaf wat beklemtoon hoe broodnodig ons daardie gelukkige toekoms het wat deur God belowe word.” Nadat ons paragraaf 24 gelees het, kan ons voortgaan deur te sê: “Let ook op die gedagte op die volgende bladsy in paragraaf 28. [Lees die paragraaf.] Hierdie boek is gepubliseer om u te help om van God se oplossing vir wêreldprobleme te leer en om beter te verstaan wat die toekoms inhou. U kan dit kry teen ’n bydrae van Rl.80.”

7 Doen pligsgetrou herbesoeke by mense wat voorheen belangstelling getoon het en bied hierdie boek vir hulle aan. Ons sal dit moontlik gepas vind om die huisbewoner aan vorige gesprekke oor God se beloofde Nuwe Orde te herinner en dan te sê dat ons ’n boek het wat uiteensit wat ons te doen staan om ware vrede en veiligheid te vind. Ons kan na bladsy 91 blaai, paragraaf 12 lees en dan sê: “Wat is nog nodig om oorlewing te verseker? Hierdie boek bespreek God se vereistes vir ons dag breedvoerig. Dit word teen ’n bydrae van R1.80 aangebied.”

8 Dit is ook ’n goeie publikasie om by individue te laat wat voorheen gestudeer het maar nog nie standpunt vir Jehovah ingeneem het nie. Ons kan paragraaf 1 op bladsy 175 lees en dan toon dat die boek hulle sal help om die regte keuse te doen ten einde ware vrede en veiligheid te vind.

9 Laat ons nou reëlings tref om Ware vrede en veiligheid​—Hoe kan jy dit vind? gedurende die spesiale kampanje in April en Mei aan te bied. Ons sal ander help om ware vrede en veiligheid by die “God van vrede” te vind.​—Rom. 16:20.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel