Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/86 bl. 3
  • Die Gemeentelike Boekstudie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die Gemeentelike Boekstudie
  • Ons Koninkryksbediening—1986
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • DIE ROL VAN DIE STUDIEHOUER
  • DIE AANWESIGES
  • Deel 1—Verantwoordelikheid Van Die Studiehouer
    Ons Koninkryksbediening—1991
  • Die Gemeentelike Boekstudie bevorder opvoedkundige bedrywighede
    Ons Koninkryksbediening—1994
  • Hoe ons met ons Gemeentelike Boekstudiehouer kan saamwerk
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Hou vas aan die openbare bekendmaking van jou hoop sonder om te wankel
    Ons Koninkryksbediening—1994
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1986
km 3/86 bl. 3

Die Gemeentelike Boekstudie

1 Die Gemeentelike Boekstudie is van kardinale belang vir ons geestelike vooruitgang. Ons moet almal groot eerbied daarvoor toon. Kan dit wees dat party wat hierdie vergadering gereeld mis dit as minder belangrik as die ander vergaderinge beskou? Almal kan daarby baat vind deur die Gemeentelike Boekstudie-reëling opnuut in oënskou te neem.

DIE ROL VAN DIE STUDIEHOUER

2 Die studiehouer moet ’n ernstige student van God se Woord wees. Hy is gewoonlik een van die herders, of ouere manne. Ten einde bekwaam te wees, moet hy goed voorberei en die materiaal noukeurig ondersoek om te sien hoe dit tot die geestelike groei van die aanwesiges kan bydra. Hy moet aandagtig na die kommentare luister en belangstelling toon in die vooruitgang van elkeen in sy sorg. Hy moet terselfdertyd vriendelik en bedagsaam wees en almal aanmoedig om te antwoord sonder om iemand in die verleentheid te stel.

3 ’n Goeie onderrigter sal seker maak dat die hoofgedagtes beklemtoon word. Die studiehouer sal op sy hoede wees vir verkeerde antwoorde en taktvol daarvoor sorg dat die regte gedagte weergegee word. Hy moet selektief wees wanneer hy ’n broer aanstel om elke week te lees en wanneer hy individue vra om sleuteltekste te lees.​—Tit. 1:9; Filip. 1:9.

DIE AANWESIGES

4 Dit is belangrik dat al die aanwesiges goed voorbereid moet wees. Daar is dalk nie genoeg tyd in die studie om al die gesiteerde tekste te lees nie. Maar as jy hulle voor die tyd naslaan, kan jy daaroor kommentaar lewer. Jy kan ook oefen om moeilike woorde of name in gesiteerde tekste uit te spreek. Ons word almal aangemoedig om te antwoord en te probeer om dit in ons eie woorde te doen. Dit sal ons help om onsself beter uit te druk wanneer ons Bybelwaarhede in die bediening met ander deel.

5 ’n Atmosfeer wat bevorderlik vir onderrigting is, moet by die Gemeentelike Boekstudie gehandhaaf word, Ouers moet dus probeer om hulle kinders in toom te hou sodat hulle nie die vergadering ontwrig nie. Dit word hoog op prys gestel wanneer broers hulle huise vir die studie beskikbaar stel en probeer om ’n skoon, goed beligte en behoorlik geventileerde vergaderplek in stand te hou. Hulle opregte gasvryheid laat ander welkom voel(Spr. 3:9). Diegene wat die studie bywoon, moet natuurlik die huis respekteer en waardering toon deur nie die fasiliteite te misbruik of hulle vryhede te veroorloof nie. Soos met alle ander gemeentelike vergaderinge moet ons kleredrag, persoonsversorging en dekorum getuig van die waardigheid wat pas by ons aanbidding van Jehovah.​—Kyk bladsy 63 van Ons bediening-boek.

6 Die Gemeentelike Boekstudie verskaf ook waardevolle opleiding vir die veldbediening. Ons kan op die uitkyk wees vir velddienspunte wat in die studie gemeld word. As ons kommentaar lewer, kan dit ons help om bangerigheid te bowe te kom en beter met die Bybel vertroud te raak. ’n Positiewe beskouing van die Gemeentelike Boekstudie-reëling sal inderdaad ons waardering vergroot vir die manier waarop Jehovah na sy kudde omsien.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel