Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/86 bl. 1-2
  • Pas toe wat jy leer

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Pas toe wat jy leer
  • Ons Koninkryksbediening—1986
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ONLANGSE VERMANINGS
  • HELP JOU GESIN
  • Vereenvoudiging— help ons om ons ’van die belangriker dinge te vergewis’
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Laat elkeen in verhouding tot sy inspanning maai
    Ons Koninkryksbediening—1991
  • Ouers—Lei julle kinders in die velddiens op
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • ’n Kringbyeenkoms wat ons sal help om ons geestelikheid te beskerm
    Ons Koninkryksbediening—2009
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1986
km 5/86 bl. 1-2

Pas toe wat jy leer

1 Moses, wat ’n geloofsman was en God se wil gedoen het, het gesê: “Julle moet hierdie woorde toepas” (Deut. 11:18, NW). Waarom so ’n vermaning? Israel moes Jehovah gehoorsaam, hom liefhê en hom dien (Deut. 11:8, 13). Dit was nie genoeg om net die gebooie te ken nie. Hulle moes “hierdie woorde toepas”. Sodoende sou hulle talle seëninge ontvang.

2 In ons dag rig die Grotere Moses, Jesus Christus, geestelike Israel en die “groot menigte” getroue aanbidders. Ons moet ook toepas wat ons leer. Jesus het gesê: “Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ’n verstandige man” (Matt. 7:24). Ons “luister” na hierdie woorde deur die Bybel en die Genootskap se publikasies te lees en gemeentelike vergaderinge, kring- en streekbyeenkomste by te woon. Pas ons toe wat ons hoor?

ONLANGSE VERMANINGS

3 Gedurende die huidige kringbyeenkomsreeks word dit beklemtoon dat ons God moet verheerlik en welvoeglik moet wandel met die oog op die uur. Ons word daaraan herinner dat ons, in teenstelling met die demoraliserende wêreld waarin ons lewe, die werke van die duisternis moet haat. Pas jy die raad toe wat gegee word in verband met onbehoorlike videokassette, boeke, tydskrifte en TV-programme wat jou geestelikheid kan ondermyn? Wat van die waarskuwing teen twyfelagtige gesellighede en die onmatige gebruik van alkohol? Ons word gewaarsku teen die strik van gierigheid sowel as die blinde navolging van moderne giere wat kan verderf en verlei. Gepaste vermaning word gegee oor ons gedrag by streekbyeenkomste, en dat ouers sowel as kinders hulle goed moet gedra en aandagtig na die program moet luister pleks van te gesels en ander sodoende te steur. Sal jy hierdie raad onthou en dit toepas?

4 Ons leer by kringbyeenkomste en gemeentelike vergaderinge hoe ons ons deelname aan die veldbediening kan vergroot en ons bekwaamheid as bedienaars van die goeie nuus kan verbeter. Ons huidige kringbyeenkomsprogram beklemtoon die pionierbediening. Ons word gevra: “Kan jy die pionierdiens betree?” Het jy die pionierdiens al ernstig oorweeg? Het jy ander al aangemoedig om pioniers te word?

5 In 1985 het Ons Koninkryksbediening talle maniere bespreek waarop ons ons bediening kan verbeter. Wenke is gegee oor hoe om belangstelling op te volg, hoe om in sakegebied te preek, hoe om intekeninge tydens herbesoeke aan te bied, wat om te doen wanneer ons in gevaarlike gebiede preek en wat jongmense kan doen om ’n Bybelse aanbieding voor te berei. Trouens, Ons Koninkryksbediening vir Mei 1985 het ’n woordelike aanbieding uiteengesit wat jong verkondigers kan gebruik. Dit het leiding verskaf om verkondigers te help wat mismoedig of onoortuigend by die deure is. Het jy die dinge wat jy geleer het, toegepas?

6 Indien dit beskikbaar is, sal ons die Ware vrede-boek in Mei aanbied. Probeer om die dinge toe te pas wat jy in Maart en April oor die aanbieding van die boek geleer het. Maak goed gebruik van die Redenering-boek. Sodoende sal jy beter toegerus wees om ander ‘alles te leer wat Jesus ons beveel het’.​—Matt. 28:19.

HELP JOU GESIN

7 Toe Moses met Israel gepraat het, het hy gesê: “Leer dit aan julle kinders” (Deut. 11:19). Het julle as ouers toegepas wat julle geleer het en dissipels van julle kinders gemaak? Ons Koninkryksbediening vir Julie 1985 het gevra: “Neem julle hele gesin op die eerste Sondag van elke maand aan die velddiens deel? Wat van die doelwit om gesinslede te help om die jongste ‘Onderwerp vir gesprekke’ of ’n nuwe tydskrifaanbieding te leer?” Doen jou gesin hierdie dinge?

8 As jy toepas wat jy leer, sal dit ongetwyfeld tallose seëninge meebring. Jesus het gesê: “As julle hierdie dinge weet, salig is julle as julle dit doen.”​—Joh. 13:17.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel