Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/86 bl. 2
  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak
  • Ons Koninkryksbediening—1986
  • Onderhofies
  • WEEK WAT BEGIN MET 2 NOVEMBER
  • WEEK WAT BEGIN MET 9 NOVEMBER
  • WEEK WAT BEGIN MET 16 NOVEMBER
  • WEEK WAT BEGIN MET 23 NOVEMBER
Ons Koninkryksbediening—1986
km 11/86 bl. 2

Vergaderinge om ons te help dissipels maak

WEEK WAT BEGIN MET 2 NOVEMBER

Lied 178 (102)

12 min: Plaaslike aankondigings en “Plekke waar hulp nodig is”. Moedig tydskrifwerk op tweede Saterdag, 8 November, aan. Laat twee verkondigers geselspunte bespreek in tydskrifte wat hulle Saterdag wil aanbied.

23 min: “Vrede en veiligheid​—’n betroubare hoop.” Ouere man hou ’n toespraak van 12 minute oor eerste vyf paragrawe en dek daarna paragrawe 6-8 deur gehoorbespreking. Laat ’n bedrewe verkondiger en huisbewoner by paragraaf 7 demonstreer hoe om voorgestelde geselspunte in Ware vrede-boek te gebruik.

10 min: Ondervindinge oor hoe nuwe tuisbybelstudies begin is. Ouere man stel vas wie onlangs ’n tuisbybelstudie begin het, en voer ’n onderhoud met een of twee verkondigers oor hoe studies begin is en hoe hulle vorder.

Lied 159 (67) en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 9 NOVEMBER

Lied 111 (32)

12 min: Gepaste Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening en plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Bespreek velddiensrapport vir Augustus en plaaslike gemeente se aandeel daarin.

20 min: “Bied die goeie nuus aan​—Met die New World Translation.” Gehoorbespreking. Demonstreer kortliks wenke in paragrawe 3-5. Stel voor hoe ons vir huisbewoners ander kenmerke van ons New World Translation kan toon. Demonstreer hoe Ware vrede-boek aangebied kan word en Bybelstudie tydens eerste besoek begin kan word in oorheersend Afrikaanse gebiede waar die New World Translation moontlik nie aanvaar sal word nie.

13 min: ’n Uitsonderlike Bybelvertaling. Toespraak. New World Translation geniet groot verspreiding. (Kyk wAF85 1/1 bl. 17; gAF85 8/4 bl. 4 [g-84 8/12 bl. 4]) Toespraak gebaseer op informasie in Redenering-boek, bladsye 304-307. Sluit gepaste punte in oor hoe om besware te bowe te kom onder die gedeelte “As iemand sê—” op bladsye 81-84 en 307.

Lied 180 (100) en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 16 NOVEMBER

Lied 91 (50)

10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Moedig tydskrifwerk op die vierde Saterdag aan. Vertoon nommers wat gebruik kan word en doen geselspunte oor etlike artikels aan die hand. Spoor verkondigers aan om hulppionierdiens gedurende Desember of Januarie 1987 te oorweeg met die oog op die naderende somervakansie. Kan party vanaf 1 Januarie 1987 as gewone pioniers begin dien?

15 min: “Nuwe publikasies rus ons toe om God se wil te doen.” Vraag-en-antwoordbespreking deur ouere man. Vra gemeente om kommentaar te lewer oor voordele wat reeds uit die gebruik van publikasies verkry is.

20 min: Volg ons vrygewige God na. Ouere man bespreek volgende punte en tekste met gehoor. Jehovah is grootste Gewer in die heelal: Jak. 1: 17; Hand. 17:25; Ps. 145:15, 16; Joh. 3:16. Ons moet met regte beweegrede gee: Hebr. 13:16; Matt. 6:1, 2. Ons moet besorg wees oor mekaar en ons gesinne: 1 Pet. 4:9; Mark. 7:11-13. Bydraes vir Koninkrykswerk moet beplan en, indien moontlik, gereeld gegee word: 1 Kor. 16:2; vergelyk Deuteronomium 26:10, 11. Die Israeliete is gevra om op georganiseerde manier vir baie dinge by te dra: Num 18:8; 1 Kron. 29:7, 9. Watter dinge vandag het ons finansiële steun nodig? Wêreldwye predikingswerk, Roodekransprojek, plaaslike gemeente, ensovoorts. Meld erkenning vir enige bydraes soos dit op jongste state van Genootskap verskyn. Sluit af met positiewe, bemoedigende kommentaar. Meld plaaslike behoeftes, indien enige. Ons kan bly wees dat 100 persent van geldelike bydraes aan Jehovah se organisasie gebruik word om Koninkryksbelange te bevorder. Jehovah seën die ruimhartige persoon.​—Pred. 11:1.

Lied 166 (90) en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 23 NOVEMBER

Lied 123 (63)

10 min: Plaaslike aankondigings. Spoor almal aan om velddiensrapporte aan die einde van maand in te gee. “Reeks toesprake oor Wêreldwye veiligheid-boek.” Hersien geselspunte in tydskrifte wat hierdie week aangebied gaan word.

20 min: “Doen jou bes deur aan die voltydse diens deel te neem.” Vrae en antwoorde. Kondig datum aan waarop ouere manne in Desember saam met pioniers sal vergader.

15 min: Plaaslike behoeftes of toespraak gebaseer op Wagtoring-artikel “Bewaak jou mond!” in wAF86 15/8 bl. 22-23.

Lied 162 (89) en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel