Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/87 bl. 2
  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak
  • Ons Koninkryksbediening—1987
  • Onderhofies
  • WEEK WAT BEGIN MET 31 MEI
  • WEEK WAT BEGIN MET 7 JUNIE
  • WEEK WAT BEGIN MET 14 JUNIE
  • WEEK WAT BEGIN MET 21 JUNIE
  • WEEK WAT BEGIN MET 28 JUNIE
Ons Koninkryksbediening—1987
km 6/87 bl. 2

Vergaderinge om ons te help dissipels maak

WEEK WAT BEGIN MET 31 MEI

Lied 32

15 min: Plaaslike aankondigings. Hersien inligting in Vraebus.

20 min: “Gebruik ouer publikasies doeltreffend.” Bespreking van artikel met ’n mate van gehoordeelname. Hou twee demonstrasies van hoe ouer publikasies by huisbewoner in gebied en by Swart persoon gelaat word met behulp van wenke in paragrawe 3 en 4. Toon in albei demonstrasies hoe grondslag gelê kan word om ’n Bybelstudie te begin.

10 min: “Sal jy aan die waarheid vaskleef?” Toespraak gebaseer op artikel in Die Wagtoring van 15 Maart 1987.

Lied 71 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 7 JUNIE

Lied 156

10 min : Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Spoor almal aan om Saterdag aan tydskrifwerk deel te neem. Rekeningverslag, asook Genootskap se erkenning van bydrae wat gedurende Mei gestuur is.

20 min: “Kan meer ’n Bybelstudie begin?” Vrae en antwoorde. Klem moet wees op praktiese toepassing van wenke in Ons Koninkryksbediening. Sluit ’n demonstrasie van vyf minute in waar ’n herbesoek gedoen word by iemand wat die “Kyk”-brosjure geneem het. Gaan oor tot ’n studie.

15 min: Wat het jou beweeg om Jehovah te dien? Ondervindinge van gekose verkondigers wat vertel wat omtrent die waarheid by hulle byval gevind het en by hulle die begeerte gewek het om Jehovah te dien. Bespreek vooraf met verkondigers sodat hulle spesifieke en opbouende punte in gedagte sal hê.

Lied 181 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 14 JUNIE

Lied 123

10 min: Plaaslike aankondigings.

20 min: “Hulppionierdiens​— ’n deur tot groter aktiwiteit.” Vraag-en-antwoordbespreking. Sluit geleenthede in vir gewone of hulppioniers om kommentaar te lewer oor hoe pionierdiens hulle gehelp het om na aan Jehovah te bly en hulle verhouding met hom te verbeter.

15 min: “Snap jy altyd waaroor dit gaan?” Toespraak gebaseer op artikel in Die Wagtoring van 1 April 1987.

Lied 128 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 21 JUNIE

Lied 129

10 min: Plaaslike aankondigings.

Spoor almal aan om Saterdag aan tydskrifwerk deel te neem. Demonstreer aanbieding van 30 sekondes wat een van die jongste tydskrifte beklemtoon.

20 min: “Bied die goeie nuus aan​—In aandgetuieniswerk.” Vraag-en-antwoordbespreking. Laat voorbereide verkondiger ’n aanbieding vir aandgetuieniswerk demonstreer en gedagtes in die Redenering-boek en Ons Koninkryksbediening vir Junie 1986, bladsy 4, na vore bring wanneer paragraaf 3 bespreek word. Skets voorsorg wat getref moet word met die oog op plaaslike omstandighede en bespreek sommige gedagtes wat in Ons Koninkryksbediening vir April 1985, bladsy 8, gevind word, wanneer paragrawe 4 en 5 bespreek word.

15 min : Leer jou kind van kleins af. Toespraak deur bekwame ouere man gebaseer op artikel in Ontwaak! van 22 Mei 1987.

Lied 162 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 28 JUNIE

Lied 193

10 min: Plaaslike aankondigings en Teokratiese Nuus. Sluit glanspunte in uit die artikel “’n Nuwe skool begin!” in Die Wagtoring van 1 Junie 1987.

12 min: Plaaslike behoeftes.

8 min: Ontoegekendegebied-kampanje. Spoor verkondigers aan om goeie voorraad te hê van ouer sakformaatboeke in Swart tale wat in ontoegekende gebied gepraat word. Kondig datum van uitstappies na afgesonderde gebied asook reëlings vir huisvesting, ens. aan. Spoor alle gesinne hartlik aan om kampanje as ’n gesin ten volle te ondersteun. Skets reëlings om gebied goed te dek met aanbod vir die maand indien gemeente in hulle eie gebied wat selde gedek word, gaan werk.

15 min: Aanbod vir Julie​—Paradys op aarde-boek. Demonstreer huidige ‘Onderwerp vir gesprekke’ en hoe om na aanbod vir die maand oor te gaan. (Kyk peAF bl. 41, par. 18.) Vra gehoor ook om wenke oor punte wat hulle doeltreffend gebruik het om die boek by mense te laat. Bespreek kortliks gepaste aanbiedings vir ontoegekende gebied. Moedig almal aan om Saterdag en eerste Sondag van Julie velddiens te doen.

Lied 92 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel