Vergaderinge om ons te help dissipels maak
WEEK WAT BEGIN MET 31 OKTOBER
10 min: Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening en plaaslike aankondigings. Spoor almal aan om op die eerste Sondag van November aan die velddiens deel te neem. Moedig gesinshoofde aan om saam met vrou en kinders te werk.
20 min: “Spoor ander aan om God se Woord te lees en te bestudeer.” Ouere man behartig deel met vrae en antwoorde. Hou ’n goed voorbereide demonstrasie wanneer paragraaf 6 bespreek word, en gebruik een van die voorgestelde inleidings saam met die ‘Onderwerp vir gesprekke’.
15 min: Wees voorberei om die New World Translation aan te bied. Ouere man wat bekwaam in huis-tot-huis-bediening is, beklemtoon gepaste gedeeltes van stof op bladsye 304-308 van Redenering-boek. Nooi gehoor om gedagtes saam met hom te volg en deel te hê in bespreking van punte onder “New World Translation” wat nuttig kan wees in plaaslike gebied.
Lied 131 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 7 NOVEMBER
10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Bespreek gepaste aanbiedings vir jongste tydskrifte, en spoor almal aan om op tweede Saterdag aan tydskrifwerk deel te neem.
20 min: “Bied die goeie nuus aan —Vir kinders.” Vraag-en-antwoord-bespreking. Laat bekwame verkondiger na paragraaf 5 demonstreer hoe hy huidige ‘Onderwerp vir gesprekke’ aanpas wanneer hy met ’n jongmens praat. Hoe kan lektuur aangebied word? Hoe kan gesprek beëindig word sonder om lektuur aan te bied?
15 min: Jongmense wat Jehovah loof. Voer onderhoud met een of twee volwasse verkondigers wat Jehovah gedurende hulle tiener- of kinderjare begin dien het. Wat het hulle op die Koninkryksboodskap laat reageer? Hoe het die feit dat hulle toegewyde en gedoopte jongmense was hulle gehelp om probleme die hoof te bied terwyl hulle grootgeword het? Voer ook onderhoud met een of twee voorbeeldige jong verkondigers wat ’n goeie getuienis op skool gegee het of wat bekwaam is in die bediening van huis tot huis. Waarom is hulle bekwaam? Wat het hulle gehelp om ’n huiwerige gesindheid te bowe te kom? Watter rol het ouers en ander volwassenes in die gemeente in hulle vooruitgang gespeel? Christenouers moet nulle kinders aanmoedig om toewyding en doop progressief na te streef.—Die Wagtoring, 15 Maart 1988, bladsye 14, 15, paragrawe 21, 22.
Lied 15 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 14 NOVEMBER
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Lig gemeente in oor enige erkennings van Genootskap vir bydraes wat ontvang is. Laat diensopsiener diensrapport vir Augustus uit Ons Koninkryksbediening hersien en plaaslike bedrywigheid gedurende daardie maand bespreek. Meld aspekte van velddiens wat plaaslik aandag nodig het, soos deur rapport aangedui, of deur kringopsiener gedurende sy besoek getoon is.
20 min: “Gebruik jy ’n gepaste inleiding?” Vraag-en-antwoordbespreking van artikel. Spoor almal aan om hulle daarop toe te lê om inleidings te verbeter. Oefen saam met ander deur wenke in die Redenering-boek te gebruik. Laat bekwame verkondigers wat inleidings in Redenering-boek noukeurig kan volg kort demonstrasies hou wanneer paragrawe 4-6 bespreek word.
15 min: Plaaslike behoeftes of toespraak gebaseer op Wagtoringartikel van 15 Junie 1985: “Hoe om die Bybel met vrug te lees.” Demonstreer praktiese wenke terwyl gehoor saam in die Bybel volg.
Lied 214 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 21 NOVEMBER
10 min: Plaaslike aankondigings. “Skenkings en testamente.” Herinner almal daaraan om vir tydskrifwerk op vierde Saterdag voor te berei. Demonstreer twee kort aanbiedings, een waar Ontwaak! en die ander waar Die Wagtoring aangebied word. Kies artikels wat plaaslik byval sal vind, en gebruik verkondigers wat voorbeelde van takt en ’n positiewe gesindheid is.
20 min: “Volg Jehovah na deur geregtigheid te beoefen.” Vraag-en-antwoordbespreking van artikel. Demonstreer, na paragraaf 5, een of twee maniere waarop ons informeel kan getuig terwyl ons reis of byeenkomste bywoon. Sluit kort, gepaste ondervindinge van gehoor in as die tyd dit toelaat.
15 min: “Behou ’n positiewe gesindheid.” Toespraak gebaseer op artikel in Die Wagtoring van 1 Junie 1986, bladsye 28-30. Maak toepassing op plaaslike situasies, soos onverskilligheid van mense en gebied wat gereeld gedek word.
Lied 54 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 28 NOVEMBER
12 min: Plaaslike aankondigings. Spoor almal aan om op eerste Sondag van Desember aan die velddiens deel te neem. Hersien lektuuraanbod vir Desember, en hou kort demonstrasie. Beklemtoon spesifieke gedagtes uit publikasie wat aangebied gaan word.
18 min: ’n Opgeleide tong om die moedeloses te help. Talle dinge ontmoedig mense vandag: ekonomiese probleme, die dood van ’n dierbare, siekte, geestelike probleme van kinders of huweliksmaat, en so meer. As ons voor mismoedigheid swig, maak dit ons vatbaarder vir Satan se aanvalle. (Spr. 24:10; vergelyk Lukas 22: 31.) Christene is onder verpligting om mekaar aan te moedig en by te staan (1 Thess. 5:14; Gal. 6:2). Hierin volg ons Christus na (Matt. 11:28-30). Hoe? Deur simpatiek te wees (Rom. 12:15). Deur bereid te wees om praktiese bystand te verleen (Jak. 2:14-17; rsAF bl. 65-68). Gebruik Redenering-boek en laat gehoor kommentaar lewer oor watter tekste gebruik kan word om persone in gemeente en in die veld te help om spesifieke probleme wat gemeld word die hoof te bied. Laat twee of drie in gehoor voorberei om vanuit sitplek kommentaar te lewer om te toon hoe ander hulle bemoedig het in tye van nood en toe hulle persoonlike probleme ondervind het (Hand. 28:15). Nader tot Jehovah, soek hulp by ouere manne en volhard in gebed, en stry sodoende met welslae teen mismoedigheid. —Jak. 4:8; Jes. 32:1, 2; Ef. 6:17, 18.
15 min: Gee reëling vir Gemeentelike Boekstudie jou volle samewerking. Toespraak deur diensopsiener of bekwame boekstudiehouer. Spoor almal aan om aan studie en velddiens deel te neem en om groepstoewysings te ondersteun, soos om Koninkryksaal skoon te maak en in stand te hou. Gee gepaste lot en raad ooreenkomstig plaaslike omstandighede.
Lied 12 en slotgebed.