Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/88 bl. 1-4
  • Spoor ander aan om God se Woord te lees en te bestudeer

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Spoor ander aan om God se Woord te lees en te bestudeer
  • Ons Koninkryksbediening—1988
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • HOE OM ANDER AAN TE SPOOR
  • BIED DIE WOORD VAN GOD-BOEK AAN
  • Help diegene wat die Koninkryk soek
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Met die New World Translation
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Die Bybel—’n bron van bemoediging en hoop in ’n wêreld vol probleme
    Ons Koninkryksbediening—1994
  • Bied die goeie nuus aan—Deur tuisbybelstudies aan te bied
    Ons Koninkryksbediening—1991
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1988
km 11/88 bl. 1-4

Spoor ander aan om God se Woord te lees en te bestudeer

1 Die Bybel is die enigste van al die boeke wat ooit geskryf is wat die mens van onfeilbare leiding voorsien oor hoe om lewensprobleme die hoof te bied (Jer. 10:23). Daarbenewens gee dit ons ook ’n vaste hoop vir die toekoms. Dit is God se gawe aan die mens. Hoewel die Bybel die onoortroffe suksesboek is, toon opnames dat slegs ’n klein persentasie van diegene wat ’n eksemplaar besit moeite doen om dit te lees. Kan ons meer mense help om by God se geskrewe Woord baat te vind?

2 Mense het almal min of meer dieselfde Probleme, ongeag waar hulle op die aarde woon. Kwellende vrae moet beantwoord word, en net die Bybel het die regte antwoorde. Waarom is ons hier? Waarom word mense oud en sterf hulle? Wat lê vir ons voor? Waarom die toename in wetteloosheid? Waarom laat God goddeloosheid toe? Watter oplossing is daar vir inflasie, behuisings- en voedseltekorte, en so meer? Ons moet die Bybel lees en bestudeer ten einde bevredigende antwoorde op hierdie en ander vrae te kry.

HOE OM ANDER AAN TE SPOOR

3 As ons mense wil aanspoor om God se Woord te lees en te bestudeer, moet ons by hulle vertroue inboesem dat die Bybel deur God geïnspireer is (2 Tim. 3:16). Ons kan dit doen deur gekose gedeeltes van die informasie onder die opskrif “Bybel” in die Redenering-boek te gebruik. Bladsye 76 tot 81 gee ’n verskeidenheid van afdoende bewyse dat die Bybel die geinspireerde Woord van God is.

4 Baie het begin om die Bybel te lees, maar het toe opgehou. Waarom? Miskien het hulle mismoedig geword omdat hulle nie verstaan het wat hulle lees nie. Ons kan dalk sulke mense help deur hulle aan te spoor om die boek Is die Bybel werklik die Woord van God? te lees. Wanneer jy die New World Translation of the Holy Scriptures aanbied, kan jy meld dat ongeveer 50,000,000 eksemplare van hierdie maklik leesbare vertaling in moderne Engels in nege verskillende tale uitgegee word, wat dit een van die belangrikste 20ste eeuse Bybelvertalings maak wat vandag gebruik word.

5 Wanneer ons ook al mense vind wat belangstelling toon om die Bybel te lees, moet ons aanbied om dit saam met hulle te bestudeer. Soos Ons Koninkryksbediening vir Oktober beklemtoon het, wil ons progressiewe Bybelstudies hou (Matt. 28:19). Dit beteken dat ons sal probeer om die student se hart te bereik, sodat wat hy leer sy gedrag sal beinvloed en sy Bybelvrae sal beantwoord.

BIED DIE WOORD VAN GOD-BOEK AAN

6 Gedurende November sal ons die boek Is die Bybel werklik die Woord van God? aanbied teen ’n bydrae van R2,00. As ons hierdie publikasie geesdriftig aanbied, kan ons moontlik meer mense aanspoor om God se Woord te lees en te bestudeer. Jy kan dalk die tweede inleiding onder “Bybel/​​God” op bladsy 10 van die Redenering-boek aanpas as ’n inleiding vir die huidige ‘Onderwerp vir gesprekke’. Of ’n aanpassing van die eerste inleiding onder “Gesin/​Kinders” op bladsy 11 kan vir jou en jou gebied gepas wees. As jy hierdie twee inleidings voorberei, sal dit jou toerus om talle mense gedurende November te help.

7 Namate ons die einde van hierdie stelsel van dinge nader, sal al hoe meer mense met vrae ongetwyfeld na antwoorde soek wat net in God se Woord gevind kan word. Laat ons hulle ywerig aanbied wat hulle nodig het. Laat ons daarin volhard om ander aan te spoor om God se Woord te lees en te bestudeer. November se aanbod van die boek Is die Bybel werklik die Woord van God? bied ons ’n goeie geleentheid om dit te doen.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel