Vergaderinge om ons te help dissipels maak
WEEK WAT BEGIN MET 4 FEBRUARIE
15 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening moet deur presiderende opsiener behartig word. Spoor almal aan om ekstra tydskrifte vir spesiale tydskrifdag op 6 April te bestel. Lig die gemeente in oor die reëlings wat reeds getref is sodat almal op hierdie dag aan die tydskrifwerk kan deelneem. Stel, na gelang van die beskikbare tyd, maniere voor om die jongste tydskrifte in plaaslike gebied aan te bied. Spoor almal aan om hierdie naweek aan die velddiens deel te neem.
15 min: “Rig met vrymoedigheid die uitnodiging om te ‘Kom!’” Vraag-en-antwoordbespreking en demonstrasies. Dek materiaal in artikel in Ons Koninkryksbediening en beklemtoon toepassing van jaarteks, Openbaring 22:17. Hou twee kort demonstrasies om maniere te toon hoe jongste tydskrifte in plaaslike gebied aangebied kan word.
15 min: “Raak vertroud met nuwe byeenkomsvrystellings.” Bespreking met gehoor, en vestig die aandag op party sleutelpunte uit elke publikasie wat plaaslik nuttig sal wees. Broers moet nie uitstel om hierdie informasie hulle eie te maak nie.
Lied 20 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 11 FEBRUARIE
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Betuig ook waardering vir gemeente se vrygewigheid om na plaaslike behoeftes om te sien, en lees die Genootskap se erkennings van bydraes wat ingestuur is.
20 min: “Bied die goeie nuus aan—deur straatgetuieniswerk.” Vrae en antwoorde. Hou twee of drie kort demonstrasies tussenin om gedagtes te illustreer wat verkondigers hierdie week in straatgetuieniswerk kan gebruik.
15 min: Berei voor om gedurende Gedenkmaalseisoen hulppionierdiens te doen. Aanmoedigende toespraak met nuttige informasie vir diegene wat graag gedurende Maart of April, of gedurende albei maande, hulppionierdiens wil doen. Verwys na deel onder Aankondigings wat oor hulppionierdiens en bestelling van ekstra tydskrifte handel. Verduidelik watter reëlings die gemeente en individuele verkondigers kan tref om diegene wat gedurende die Gedenkmaalseisoen pionierdiens doen aan te moedig en te help. Gemeentes wat bykomende gebied nodig het, kan in die ontoegekende gebied werk wat hulle verlede jaar gedek het. Hou aansoekvorms vir hulppionierdiens gereed vir diegene wat dit dalk ná die vergadering sal vra. Julle kan meld dat daar vyf volle naweke in Maart is en dat spesiale pogings aangewend sal word om mense uit te nooi na die Gedenkmaalviering op 30 Maart en na die spesiale openbare toespraak wat op 7 April gehou sal word. Vestig ook die aandag op die spesiale tydskrifdag op 6 April.
Lied 130 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 18 FEBRUARIE
10 min: Plaaslike aankondigings. Vraebus. Toon hoe belangrik dit is dat alle verkondigers die korrekte naam van hulle gemeente ken, sowel as die name van party van die ouere manne, indien nie almal nie. Spoor almal aan om hierdie naweek velddiens te doen, en gee wenke oor gepaste gesprekspunte in die jongste tydskrifte indien moontlik.
15 min: “Vervul ons Koninkryksbediening as Getuies van Jehovah.” Broer wat ’n bekwame onderrigter is, bespreek die informasie en demonstreer hoe ons hulpmiddele wat genoem word, kan gebruik om ons bediening te verbeter.
20 min: “Jou rol in die bouwerk vir die toekoms.” Vraag-en-antwoorddekking van materiaal in byvoegsel. Prys broers vir hulle vrygewige bydraes tot die Genootskap-Koninkryksaalfonds en vir die ondersteuning wat sommige aan die plaaslike bouprojekte gegee het.
Lied 211 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 25 FEBRUARIE
10 min: Plaaslike aankondigings en Teokratiese Nuus. Demonstreer en stel gepaste tydskrifaanbiedings voor. Spoor almal aan om hierdie naweek aan die velddiens deel te neem.
15 min: “Hoe Jehovah sy werk seën.” Toespraak gebaseer op artikel in Die Wagtoring van 1 Desember 1990, bladsye 22-5.
20 min: Berei voor vir diens in Maart. Gedurende Maart sal ons die boek Openbaring—Sy groot klimaks is ophande! aanbied. Goeie wenke is in Ons Koninkryksbediening vir Februarie 1989 gegee oor hoe hierdie publikasie onder mense se aandag gebring en aangebied kan word. Bespreek party van dié wenke wat hierdie naweek vir die verkondigers nuttig kan wees. Demonstreer hoe die boek aangebied kan word.
Lied 63 en slotgebed.