Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/91 bl. 2
  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak
  • Ons Koninkryksbediening—1991
  • Onderhofies
  • WEEK WAT BEGIN MET 1 JULIE
  • WEEK WAT BEGIN MET 8 JULIE
  • WEEK WAT BEGIN MET 15 JULIE
  • WEEK WAT BEGIN MET 22 JULIE
  • WEEK WAT BEGIN MET 29 JULIE
Ons Koninkryksbediening—1991
km 7/91 bl. 2

Vergaderinge om ons te help dissipels maak

WEEK WAT BEGIN MET 1 JULIE

Lied 173

10 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Beklemtoon artikels in jongste tydskrifte wat hierdie Saterdag tydens tydskrifwerk gebruik kan word.

20 min: Voltydse diens—’n Uitstekende geleentheid om met God te wandel (Miga 6:8). Bekwame ouere man of bedieningskneg, verkieslik iemand in die voltydse diens, hou hartlike, bemoedigende toespraak. (Sien Die Wagtoring, 15 Mei 1989, bladsye 21-3.) Gee praktiese wenke om gemeentelike verkondigers te help om, na gelang van hulle omstandighede, ernstig daaroor na te dink om die voltydse werk te betree. Voer onderhoud met twee of drie pioniers en skets die talle voordele van voltydse diens. Nuwe diensjaar is ’n goeie tyd om te begin. Diegene wat teen 1 September 1991 begin, kan kwalifiseer om Pionierdiensskool in 1992 by te woon.

15 min: “Wees geduldig en deeglik in die bediening.” Vraag-en-antwoorddekking van die artikel. Beklemtoon hoe belangrik dit is om geduldig te bly, veral in gebied wat redelik dikwels gedek word. Laat verkondiger, ná paragraaf 6 bespreek is, demonstreer hoe om Onderwerp vir gesprekke te gebruik wanneer die “Kyk”-brosjure aangebied word.

Lied 156 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 8 JULIE

Lied 162

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Teokratiese nuus. Herinner gemeente aan naweekreëlings vir velddiens.

15 min: “Wees heelhartig in die bediening—Deel 1.” Vraag-en-antwoordbespreking deur diensopsiener. Wys iemand vooraf aan om gekose sleuteltekste te lees, en toon hoe dit plaaslik prakties toegepas kan word. Wek belangstelling in vyfdelige reeks.

20 min: “Reël nou om die ‘Liefhebbers van Vryheid’-Streekbyeenkoms vir 1991 by te woon”—Deel 1. Bespreking met gehoor van paragrawe 1-14 van byvoegsel.

Lied 204 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 15 JULIE

Lied 32

10 min: Plaaslike aankondigings. Indien gemeente se vergaderingtye op 1 September gaan verander, moet nuwe tye aangekondig word. Hersien hoogtepunte uit gemeente se velddiensrapport vir Junie. Prys verkondigers vir wat hulle in die veld bereik het.

15 min: “Bied die goeie nuus aan—met onderskeidingsvermoë.” Vraag-en-antwoorddekking. Demonstreer gedagtes in paragraaf 5. Laat bekwame verkondiger toon hoe om op te tree teenoor huisbewoner wat aanvanklik stryerig is deur taktvol vrae te vra en te toon wat die Bybel oor die onderwerp sê. Demonstrasie moet goed voorberei word.

20 min: “Reël nou om die ‘Liefhebbers van Vryheid’-Streekbyeenkoms vir 1991 by te woon”—Deel 2, moet deur sekretaris behartig word. Bespreking met gehoor van paragrawe 15-22 en ’n kort hersiening van “Herinneringe in verband met die Streekbyeenkoms” as die tyd dit toelaat. Bespreek kortliks reëlings vir huisvesting, soos uiteengesit in Genootskap se brief van 15 Junie 1991. Verkondigers kan gepaste gedagtes bespreek met hulle Bybelstudente wat die byeenkoms sal bywoon. Spoor gesinne aan om gedagtes in hierdie artikels te hersien voordat hulle die byeenkoms bywoon.

Lied 67 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 22 JULIE

Lied 210

15 min: Ouere man of bekwame bedieningskneg behartig plaaslike aankondigings. Hersien gemeente se reëlings vir ontoegekende gebied waar toepaslik. Gebruik punte uit die bylae tot die brief van 1 Mei 1991. Spoor alle gesinne hartlik aan om die kampanje ten volle te ondersteun.

18 min: “Gemeentelike Boekstudiereëling—Deel 1.” Bespreking deur bekwame ouere man saam met een of twee ander ouere manne of bedieningsknegte wat Gemeentelike Boekstudiehouers is. Beklemtoon veral twee of drie sake waaraan daar in die plaaslike gemeente aandag geskenk moet word, soos om in jou eie woorde te antwoord en om materiaal wat bespreek word prakties toe te pas.

12 min: Plaaslike behoeftes. Bespreek punte waar ouere manne meen gemeente hulp nodig het. Kan skriftuurlike bespreking hê van ’n paar dinge wat onder die gemeente se aandag gebring is tydens die kringopsiener se laaste besoek.

Lied 42 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 29 JULIE

Lied 56

15 min: Plaaslike aankondigings en “Hoe om koeponbestellings uit te voer”. Moet deur ouere man of bekwame bedieningskneg behartig word. Vra, as die tyd dit toelaat, dat ondervindinge vertel word waar brosjures by mense gelaat is en Bybelstudies begin is. Spoor almal aan om ’n sinvolle aandeel aan die bediening te hê gedurende Augustus, die laaste maand van die diensjaar. Boekstudiehouers moet seker maak dat alle rapporte aan die sekretaris gegee word vir ’n volledige gemeenterapport.

15 min: “Ons moet ons eie pak van verantwoordelikheid dra.” Ouere man bespreek artikel met ’n gesin. Vertel hoe gemeente jongste kringbyeenkomsprogram geniet het en daarby baat gevind het, en wek belangstelling vir nuwe kringbyeenkomsprogram. Vra gesinshoofde in gehoor hoe die program vir 1991 hulle gesin gehelp het. Spoor almal aan om definitiewe reëlings te tref om die program vir die 1992-diensjaar by te woon en daarby baat te vind. As datum van volgende byeenkoms bekend is, kan dit aangekondig word.

15 min: “Voorkom dat slegte gewoontes terugkeer.” Bespreking van artikel wat in die Ontwaak! van 8 April 1991 verskyn.

Lied 132 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel