Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/00 bl. 2
  • Vraebus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vraebus
  • Ons Koninkryksbediening—2000
  • Soortgelyke materiaal
  • ‘Vul jou hand met ’n geskenk aan Jehovah’
    Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2018
  • Saai volop om volop te maai
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Die waarde van “twee muntstukkies”
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2020
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—1991
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2000
km 12/00 bl. 2

Vraebus

◼ Dra ons nie twee keer vir die lektuur by as ons ’n bydrae maak wanneer ons die lektuur kry en dan wanneer ons die bydraes wat ons in die veld ontvang in die bydraebussies vir die Genootskap se wêreldwye werk gooi nie?

Nee. Die bydraes wat ons vir die Genootskap se wêreldwye werk in die bydraebussies gooi, is nie net vir die lektuur nie. Verkondigers sowel as mense in die veld wat opregte belangstelling toon, ontvang die lektuur kosteloos. Wanneer verkondigers hulle bydraes maak, is dit ter ondersteuning van takkantore, Bethelhuise, sending- en bedieningskole, sendelinge, reisende opsieners, lektuurverspreidingsentrums en verskeie ander ondersteuningsdienste wat nodig is om die werk wat Jesus sy dissipels gegee het ten volle uit te voer. Om lektuur te druk, is slegs ’n klein deel van die werk.

Wanneer ons bydraes van belangstellendes in die veld ontvang, moet ons dus nie vir hulle sê dat die bydrae “vir die lektuur” is nie. Soos ons aan hulle verduidelik, kan diegene wat opreg daarin belangstel om ons lektuur te lees dit kosteloos ontvang. Enige bydrae wat hulle gee, sal gebruik word om die uitgawes met betrekking tot die wêreldwye werk te dek. Dieselfde geld vir die bydraes wat verkondigers gee.

Verkondigers hoef dus nie te huiwer om ’n bydrae vir die wêreldwye werk te vra omdat hulle meen dat hulle alreeds vir die lektuur betaal het nie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel