Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 11 Desember
10 min: Plaaslike aankondigings. “Kan jy in die Huis van God kom dien?” Moet deur ’n ouer man behartig word. Toon hoe die Grootste mens- of die Groot onderwyser-boeke gedurende die Kersvakansie in die bediening gebruik kan word as die gemeente hierdie boeke in voorraad het.
15 min: “Vrees Jehovah die hele dag.”a Sluit die verduideliking van godvrugtige vrees in wat op bladsy 26 van die Ontwaak! van 8 Januarie 1998 gegee word. Beklemtoon die heilsame voordele daarvan om Jehovah te vrees.
20 min: “Portuurdwang en jou voorreg om te getuig.” Toespraak en onderhoude. Nooi persone wat portuurdwang ondervind het om te vertel hoe hulle ten spyte daarvan in die predikingswerk bedrywig kon bly.
Lied 78 en slotgebed.
Week wat begin met 18 Desember
15 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Rekeningverslag. Sit spesiale velddiensreëlings vir 25 Desember en 1 Januarie uiteen. Vra die vraag: Is daar enige beswaar teen deelname aan vierings met ’n onchristelike oorsprong mits dit nie om godsdiensredes gedoen word nie?—Sien Redenering-boek, bladsye 402-4.
12 min: “Die Teokratiese Bedieningskool vir 2001.” Toespraak deur die skoolopsiener. Moedig almal aan om by te bly met hulle weeklikse Bybellees en om hulle toewysings op die skool pligsgetrou na te kom.
18 min: “Getuig jy met vrymoedigheid?”b Lok kommentaar uit oor die tekste in die artikel. Toon met behulp van die Ons bediening-boek, bladsy 86, hoe ons groter vrymoedigheid kan verkry en groter welslae in die veldbediening kan behaal.
Lied 124 en slotgebed.
Week wat begin met 25 Desember
10 min: Plaaslike aankondigings. Nooi gehoor om enige ondervindinge te vertel wat hulle onlangs in hulle getuieniswerk gehad het. Hersien lektuuraanbod vir Januarie.
20 min: Plaaslike behoeftes.
15 min: Vraebus. Ouer man bespreek punte met gehoor. Sluit enige gepaste punte uit die Genootskap se brief van 15 Oktober 1999 in. Herinner gemeente daaraan om gereeld riglyne oor die nuwe reëling vir lektuurverspreiding, wat vantevore in Ons Koninkryksbediening verskyn het, te hersien sodat almal eenstemmig is.
Lied 151 en slotgebed.
Week wat begin met 1 Januarie
10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. As julle gemeente se vergaderingtye vir die nuwe jaar gaan verander, moet die broers vriendelik aangemoedig word om die vergaderinge nog steeds gereeld op die nuwe tye by te woon. Stel Bybelstudente en ander belangstellendes in kennis van enige veranderinge, en begin om strooibiljette te gebruik wat die nuwe tye aandui. Lewer kommentaar oor die jongste velddiensrapport vir die land en die plaaslike gemeente. Herinner verkondigers daaraan om velddiensrapporte vir Desember in te gee.
20 min: Hoe om vir herbesoeke voor te berei. Vader bespreek met sy gesin hoe hulle meer produktief in hulle bediening kan wees. Hy beklemtoon skriftuurlike redes om terug te gaan na alle belangstelling wat gevind word. Met behulp van riglyne in Die Wagtoring van 1 Julie 1999, bladsy 22, paragraaf 18, berei hulle vir ’n paar herbesoeke voor. Almal erken dat hulle mense ontmoet het na wie hulle moet teruggaan. Elkeen beskryf die reaksie wat hulle tydens die eerste besoek gehad het, en die ander stel ’n gedagte en ’n teks voor om tydens die herbesoek te gebruik. Hulle vind punte in die Vereis-brosjure wat moontlik met welslae gebruik kan word. Die ouers laat een van die kinders oefen wat hy tydens sy herbesoek gaan sê. Hulle reël ’n spesifieke tyd om gedurende die komende week herbesoeke te doen.
15 min: Wat glo ons? ’n Broer doen ’n herbesoek by iemand wat gevra het: “Wat leer Jehovah se Getuies wat hulle anders maak as ander godsdienste?” Bespreek punte in die venster op bladsy 6 in Die Wagtoring van 1 Oktober 1998. Verduidelik hoe ander godsdienste hierdie basiese Bybelwaarhede ignoreer of verwerp ten gunste van mensgemaakte leringe.
Lied 212 en slotgebed.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.